Knus kombersies vir koshuiskinders
Die vlytige vroue van Knit-a-Bit het koshuiskinders op Aus in die suide van die land met 50 komberse en mussies geseën as demper teen dié deel van die land se ysige winters. Knit-a-Bit is die breinkind van Venita Nolte en Shola Smit wat reeds in 2015 die groot behoefte aan ’n warm kombers, mus of handskoene teen die kil Namibiese koue vir veral die land se bejaardes, kwesbare kinders en haweloses raakgesien het. Die niewinsgewende organisasie ploeg terug in die land deur te brei, hekel of crochet om soveel as moontlike oumablokkies te hekel of te brei waaruit komberse aanmekaar gewerk word om aan behoeftiges uit deel. FOTO VERSKAF


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie