Kiekiekompetisie 15 September 2025

Iréne-Mari van der Walt
Die eerste helfte van die maand is amptelik verby en hier is van die inskrywings wat ons tot dusver ontvang het.

Foto’s kan per e-pos na [email protected] gestuur word, of via ’n WhatsApp-boodskap aan +264 85 785 6231 ingeskryf word.

REëLS

• Deelnemers mag slegs een foto per maand inskryf wat hulle self geneem het. Geen foto’s kan namens ander fotograwe ingeskryf word nie.

• Die maand se wenfoto word deur Republikein se ­redakteur gekies en die besluit is finaal.

• Foto’s sal op Republikein se sosialemediaplatforms gedeel word, maar die wenner word nie op grond van “likes” gekies nie. Let ook op dat nie al die foto’s ­noodwendig op die platforms gedeel word nie.

• Deur deel te neem bevestig jy dat Republikein jou ­inskrywing kan publiseer (in druk/aanlyn) en dit vir ­bemarkings- en kommersiële doeleindes op ’n ­redelike en billike wyse kan gebruik. Wenners moet ook bereid wees om die kompetisie te help bemark. Die ­organiseerders waarborg die veilige bewaring van ­persoonlike inligting en hou rekord van alle ­inskrywings en prystoekennings.

• Geen werknemer van Republikein of Network Media Hub (NMH) en sy filiale kom in aanmerking om enige pryse te wen nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-09-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer