Jeugsentrum se krane is droog

Augetto Graig
Jeugsentrum se krane is droog

Die Katutura-jeugsentrum het sedert verlede week Maandag geen water nie.

’n Inwoner van aangrensende woonstelle, mnr. ABC Cooper, sê die woonstelkompleks ly ook onder die watertekort.

Hy het navrae gedoen en is ingelig dat die ministerie van sport, jeug en nasionale diens glo sowat N$3,2 miljoen aan die Windhoekse munisipaliteit skuld.

Op navraag wat Republikein aan die munisipaliteit gerig het, is bevestig dat die munisipaliteit wel die water afgesny het, nadat hulle vooraf die ministerie ingelig het.

Munisipale woordvoerders wou egter nie die bedrag wat verskuldig word, bevestig nie.

Intussen moet Cooper worstel om water in die hande te kry om sy medikasie te kan drink. Hy ly aan asma, hoë bloeddruk en is ’n diabeet.

“Die is nie ’n goeie ding nie,” sê hy. “Inwoners moet nou water in die nabye nedersettings gaan haal, of van familielede wat in die hoofstad bly, of selfs van die plaas af; net waar ons kan,” sê hy.

Nog ’n inwoner van die woonstelkompleks, mnr. Trevor Collair, het bevestig dat hulle dae lank sonder water moet klaarkom.

Die jeugsentrum is ook onder meer sedert die uitbreking van Covid-19 in die hoofstad gebruik om hawelose inwoners tydelik te huisves. Dié sit ook sonder water, baie wat reeds in tente op die perseel die koue moet trotseer.

Collair sê die gebrek aan water belemmer ook die gebruik van toilette vir die haweloses.

Mense by die jeugkompleks is afhanklik van water wat barmhartige Samaritane aandra, brei hy uit.

Vrae is aan die ministerie se uitvoerende direkteur se kantoor gestuur, maar was teen druktyd nog onbeantwoord.

Intussen het amptenare wat by die sentrum werk ’n nota op die deur geplak en huis toe gegaan.

Die kennisgewing lui: “Weens die tekort aan water by die Windhoek Veeldoelige Jeughulpbronsentrum is ons kantore tydelik vanaf 24 Junie 2022 vir besigheid gesluit. Die kantoor en geriewe sal toe wees tot die waterkwessie uitgesorteer is.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!