Meer as 600 inwoners van Rehoboth se Blok E het die titelaktes van hul huise ontvang. Foto argief
Meer as 600 inwoners van Rehoboth se Blok E het die titelaktes van hul huise ontvang. Foto argief

Inwoners van Blok E kry titelaktes

609 begunstigdes
Die betrokke inwoners se huise is na meer as drie dekades uiteindelik op hul name.
Augetto Graig
Rehobothers het enkele dae voor die presidensiële en nasionale verkiesings wat Woensdag plaasvind, 'n vroeë Kersgeskenk ontvang, met sommige wat reeds van voor Namibië se onafhanklikwording vir die groot dag gewag het.

Inwoners van Blok E op die dorp wag reeds 46 jaar om besit van hul huise en grond te neem, met die dorpsraad wat amptelik titelaktes vir 609 erwe oorhandig het. Dit volg nadat die kabinet goedkeuring verleen het dat die inwoners se uitstaande skuld afgeskryf kan word. Toestemming is ook gegee dat die regering voorafbetaalde water- en kragmeters gratis aan inwoners voorsien. Volgens die burgemeester Amanda Groenewaldt begin die begunstigdes met 'n skoon rekening en moet hulle sorg dat skuld aan die dorpsraad nie weer ophoop nie. Sy was ook vol lof vir die inwoners se geduld wat dekades gewag het om 'n eie stukkie grond op die dorp te kon besit. Groenewaldt sê die dorpsraad beplan om teen Desember ook 'n teerpad vanaf die middedorp tot by Blok E te voltooi.

Die oorhandiging van die titelaktes is die gevolg van 'n nasionale vervreemdingsprogram waarvolgens plaaslike owerhede grond en huise wat tydens die apartheidsjare gebou is, aan inwoners oorhandig met dien verstande dat hul die betrokke munisipaliteit of dorpsraad niks skuld nie. Blok E se inwoners kon egter nooit hul agterstallige skuld vereffen nie en was tot verlede week gevolglik by die program uitgesluit.

Die goewerneur van die Hardapstreek, Solomon April, het tydens die geleentheid gesê die stryd om onafhanklikheid was eerstens oor grond. "Ons kan Namibië slegs ons tuiste noem as ons grond besit. Wat is ‘n familie sonder ‘n huis? Wat is ‘n nasie sonder ‘n land?” April sê die oorhandiging was slegs moontlik danksy 'n gesamentlike poging en die goeie werk van die Rehoboth-dorpsraad.

“Ek is gelukkig met die dorpsraad. Ten spyte daarvan dat hulle verskillende politieke partye ondersteun, word hulle deur 'n doel gedryf, hulle is 'n span," het hy gesê.

April sê die volgende stap is om die Kapteinshuis terug te besorg aan die oorspronklike eienaars en om Rehoboth as ‘n tradisionele Bastergemeenskap te laat verklaar. Die dorpsraad poog om volgens hom grond hiervoor beskikbaar te stel.

Hy het sy dank teenoor die kantoor van die eerste minister, asook die ministers van finansies en stedelike en landelike ontwikkeling uitgespreek vir die hulp om die oorhandiging ‘n werklikheid te maak.

“Hierdie mense het nou ‘n identiteit, omdat hulle nou hul huise besit. Hulle behoort aan iets, omdat hulle nou grond het,” sê hy.

Die geleentheid is ook deur die minister van landelike en stedelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, bygewoon.

“Dit is wat julle regering vir julle kan doen. Ná 46 jaar is julle vandag oorwinnaars, julle is trotse vegters,” het hy gesê. Volgens Uutoni het die Namibiese regering die vervreemdingsprogram in 1992 van stapel gestuur om laeinkomstegroepe te bevorder. Behalwe vir die terugbetaling van skuld was daar egter baie ander probleme met die uitvoer van die program op Rehoboth, het hy gesê. Uutoni het die begunstigdes en inwoners op Rehoboth aangemoedig om aanstaande Woensdag hul kruisies in presidensiële en nasionale verkiesings te gaan trek. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 27° Rundu: 19° | 30° Eenhana: 20° | 35° Oshakati: 23° | 34° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 19° | 28° Otjiwarongo: 19° | 30° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 22° | 31° Gobabis: 20° | 32° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 25° | 36° Keetmanshoop: 23° | 39° Aranos: 24° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 39° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 22° | 31° Lubumbashi: 17° | 19° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 25° Lilongwe: 17° | 26° Maputo: 22° | 32° Windhoek: 22° | 31° Cape Town: 17° | 29° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 17° | 29° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 17° | 21° Harare: 17° | 21° Currency: GBP to NAD 22.92 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.09 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3 | RUB to NAD 0.17 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.89 | USD to AOA 910.98 | USD to BWP 13.67 | USD to EGP 49.54 | USD to KES 129.61 | USD to NGN 1678.72 | USD to ZAR 18.09 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 84700.44 Up +1.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1834.96 Up +2.25% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 16021.76 Down -0.37% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29728.61 Up +0.42% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10061.77 Up +0.02% | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 709.92/OZ UP +0.49% | Copper US$ 4.30/lb DOWN -0.0075 | Zinc US$ 2 984.80/T UP 0.91% | Brent Crude Oil US$ 79.91/BBP DOWN -0.0162 | Platinum US$ 947.78/OZ DOWN -0.0014 Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 27° Rundu: 19° | 30° Eenhana: 20° | 35° Oshakati: 23° | 34° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 19° | 28° Otjiwarongo: 19° | 30° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 22° | 31° Gobabis: 20° | 32° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 25° | 36° Keetmanshoop: 23° | 39° Aranos: 24° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 39° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 22° | 31° Lubumbashi: 17° | 19° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 25° Lilongwe: 17° | 26° Maputo: 22° | 32° Windhoek: 22° | 31° Cape Town: 17° | 29° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 17° | 29° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 17° | 21° Harare: 17° | 21° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.92 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.09 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3 | RUB to NAD 0.17 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.89 | USD to AOA 910.98 | USD to BWP 13.67 | USD to EGP 49.54 | USD to KES 129.61 | USD to NGN 1678.72 | USD to ZAR 18.09 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 84700.44 Up +1.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1834.96 Up +2.25% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 16021.76 Down -0.37% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29728.61 Up +0.42% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10061.77 Up +0.02% | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 709.92/OZ UP +0.49% | Copper US$ 4.30/lb DOWN -0.0075 | Zinc US$ 2 984.80/T UP 0.91% | Brent Crude Oil US$ 79.91/BBP DOWN -0.0162 | Platinum US$ 947.78/OZ DOWN -0.0014