Foto Kanaal 7
Foto Kanaal 7

Hoop op die lug

Kanaal 7 se jaarlikse Radiothon: Hoop op die Lug het vanjaar nuwe hoogtes bereik toe ’n rekordbedrag van net oor die N$4,9 miljoen ingesamel is.

Namibiërs oraloor die land het hande gevat en saam gewys dat samehorigheid en geloof steeds diep spore laat. Windhoek het met N$870 844,56 die grootste bydrae gelewer, gevolg deur Swakopmund met N$421 000 en ­Leonardville met ’n indrukwekkende N$417 040.

Ander gemeenskappe wat bygedra het, is Soutblok (N$307 729,80), Keetmanshoop (N$307 277,40), Mariental (N$253 724,42), Gobabis (N$168 046,82) en Aranos (N$173 065).

“Ons is oorweldig deur die ongelooflike hart en vrygewigheid van ons luisteraars en ondersteuners. Hierdie rekordbedrag is ’n duidelike teken dat God se genade deur mense werk en ons gee Hom al die eer,” sê Tersia Bindeman, bemarkingsbestuurder van Kanaal 7.

Die geld wat ingesamel is, sal direk gebruik word om nood­saaklike projekte te ondersteun wat lewens verander, families versterk en hoop herstel in gemeen­skappe wat dit die nodigste het.

Kommentaar

Republikein 2025-09-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer