Hoofstad se skuld daal tot N$972 miljoen
‘Vordering met kartering van informele nedersettings’
Windhoek se burgemeester sê verbeterde skuldinvordering het die munisipaliteit se kontantvloei versterk en finansiële risiko's verminder.
Elizabeth Kheibes
Stad Windhoek (CoW) se debiteurebalans het vroeër vanjaar tot N$972 miljoen gedaal, ’n afname van ’n hoogtepunt van N$1,2 miljard in 2022 en 2023.
Ndeshihafela Larandja, die burgemeester van Windhoek, het dié inligting Saterdag tydens ’n gemeenskapsvergadering in die Moses //Garoëb-kiesafdeling onthul. Sy het ook gesê verbeterde skuldinvordering het kontantvloei versterk en finansiële risiko’s verminder.
Tussen Junie 2020 en Junie 2024 het munisipale bates stabiel gebly teen ongeveer N$18 tot N$20 miljard, terwyl bedryfsbates van N$201 miljoen tot N$1,9 miljard gegroei het, het Larandja opgemerk.
Laste het tot N$3,2 miljard gestyg, maar Larandja het gesê die munisipaliteit het “positiewe netto bates gehandhaaf, wat dui op goeie algehele finansiële gesondheid en die vermoë om toekomstige finansiële verpligtinge na te kom”.
Die burgemeester het ook erken dat die munisipaliteit vroeër in sy termyn probleme ondervind het.
“Toe die huidige raad van 2021 tot 2023 die leisels oorgeneem het, het die munisipaliteit van Windhoek ernstige finansiële tekorte in die gesig gestaar, met die grootste tekort van N$663 miljoen in 2022,” het sy gesê.
“In 2024 en 2025 het finansiële hervormings gelei tot surplusse van onderskeidelik N$47 miljoen en N$32 miljoen. Hierdie verbetering weerspieël sterker finansiële bestuur en pogings om hulpbronne meer doeltreffend te gebruik.”
KARTERING
Larandja het ook vordering gerapporteer met die kartering en digitalisering van informele nedersettings.
Sy beskryf die inisiatief as ’n manier om ’n betroubare databasis te skep wat die ligging, struktuurgrootte en besetting van informele wonings aandui om sodoende noodreaksies te verbeter en geskille oor grond op te los.
Daarbenewens het CoW 6 063 sertifikate van erkenning van grondbesetting in die Moses //Garoëb-kiesafdeling uitgereik, 16 572 strukture aangeteken en 11 342 sosioëkonomiese opnames uitgevoer. Die sertifikate, wat nie grondeienaarskap verleen nie, bied inwoners ’n bewys van adres vir bankdienste, lenings en onderrig.
Larandja het inwoners aangemoedig om die korrekte prosedures vir uitbreidings en opknappings te volg, met monitering onder toesig van die stadspolisie en die span vir die voorkoming van grondbesetting.
NOODSAAKLIKE
DIENSTE
Wat watervoorsiening aan informele nedersettings betref, het sy gesê 47 bykomende gemeenskaplike krane is sedert 2019 in die kiesafdeling geïnstalleer, teen ’n koste van meer as N$1,7 miljoen, wat die totaal op 347 te staan bring.
Altesaam 29 gemeenskaplike toilette is ook bygevoeg tot die 310 wat reeds in plek is, teen ’n belegging van meer as N$1,1 miljoen.
Ontwerpe vir nuwe sanitasiesentrums is voltooi, insluitend ses openbare toilette wat beplan word by Oohamba Dha Nehale Erf 137, hangende tegniese assesserings.
Larandja het ook ’n beroep op gemeenskapsleiers gedoen om te verseker dat inwoners toegangsroetes vir konstruksie- en diensvoertuie toeganklik hou.
Sy het gesê meer as 7 000 sinkhuise is sedert 2017-’18 aan die kragnetwerk gekoppel, wat meer as 35 000 inwoners bevoordeel het.
“Alhoewel vordering duidelik is, erken ons dat dit nie genoeg is nie en ons is daartoe verbind om toegang oor alle kiesafdelings te versnel,” het Larandja belowe.
In Moses //Garoëb is 2 224 strukture geïdentifiseer vir kragverbinding in die volgende fase van die universele toegangsprojek.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie