Hentiesbaai kwaad oor watermeters
Help om NamWater-skuld af te betaal
Die implementering van verpligte voorafbetaalde watermeters op Hentiesbaai het sterk openbare reaksie uitgelok, met inwoners wat die munisipaliteit daarvan beskuldig dat hy ’n duur stelsel sonder oorlegpleging op hulle afdwing.
Spanning het verlede week toegeneem toe gefrustreerde gemeenskapslede die munisipaliteit oor dié kwessie gekonfronteer het. Volgens beswaarde inwoners verdubbel die voorafbetaalde stelsel na bewering effektief hul waterkoste. Hulle loop ook die risiko dat hul watertoevoer afgesny word wanneer munisipale kantore gesluit is.
Hentiesbaai se uitvoerende hoof, Ignasia Neis, het aan Network Media Hub (NMH) gesê die munisipaliteit het 3 500 voorafbetaalde watermeters bestel, wat danksy befondsing van die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling voorsien word en kom nie uit munisipale fondse nie.
Volgens haar is die inisiatief deel van ’n breër plan om die munisipaliteit se waterskuld van N$10 miljoen aan NamWater te help vereffen.
Neis het verduidelik die voorafbetaalde meters stel inwoners in staat om hul eie verbruik beter te bestuur, terwyl dit ook verseker dat betalings direk en onmiddellik gemaak word, wat weer die risiko van die ophoping van onbetaalde rekeninge verminder.
“Só kan die munisipaliteit fokus om NamWater terug te betaal, terwyl inwoners hul eie watergebruik reguleer,” het sy gesê.
Neis het bygevoeg die stelsel is ook ingestel in reaksie op wydverspreide waterdiefstal en om die kwessie waar daar met watermeters gepeuter word, hok te slaan.
“In ’n stadium kon ons nie verstaan waarheen die water gaan nie. Ons het later uitgevind dat mense die watermeters heeltemal omseil.
“Sommige het fopmeters gebruik of pype ondergronds gekoppel om water direk na hul huise te lei sonder dat dit aangeteken is,” het sy gesê.
Ten spyte van bogenoemde redes het sommige die skuif na voorafbetaalde en verpligte watermeters veroordeel en dit as onregverdig en onbekostigbaar beskryf.
Plaaslike berekeninge wat aanlyn versprei word, dui daarop dat voorafbetaalde gebruikers tot 80% meer per kiloliter betaal as voorheen.
Kritici het ook bevraagteken waarom geen openbare vergaderings of konsultasies voor die implementering van die watermeters gehou is nie.
Neis het gesê die munisipaliteit het wel ’n openbare kennisgewing uitgereik voordat die verandering geïmplementeer is.
“’n Kennisgewing is uitgestuur, maar slegs ’n paar het die vergadering bygewoon,” het sy gesê.
Volgens Neis beplan die munisipaliteit ’n opvolgvergadering met die gemeenskap om enige bekommernisse uit te klaar.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie