Die voorbladkonsep vir Hartland se eerste uitgawe.
Die voorbladkonsep vir Hartland se eerste uitgawe.

Hartland - Nuut in September

Dani Booysen

In Namibië, bekend vir sy wye oop ruimtes, is ons platteland – soos elders in Suider-Afrika, die bakermat van gemeenskap en vooruitgang.

Die nuwe tydskrif Hartland vier hierdie feit deur die unieke verhale van ons dorpe, hul mense, omgewing, ekonomie, events, tradisie en erfenis te vertel.

Die eerste uitgawe van hierdie kwartaallikse 32-bladsy publikasie verskyn op 23 September 2026, die dag waarop die Gobabis Skou afskop.

Maak reg vir lekkerleesstories oor die hoofsetel van die Omahekestreek, ons eerste fokusdorp, asook ander dorpe in die land.

Ons gaan ook in elke uitgawe ietsie byroer uit die Noord-Kaap en Wes-Kaap in Suid-Afrika, asook fotostories en 'n resep.

November se fokusdorp gaan Upington wees, met Tsumeb en Keetmanshoop wat aanstaande jaar hul beurt kry.

Wees deel van die storie!

Kontak Rika De Almeida by 081 321 1532 om te adverteer en deel stories met Dani Booysen by [email protected].

#Hartland

Kommentaar

Republikein 2026-08-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer