Grootfontein Skou skud sy vere reg
Landbou, vermaak en gesinsaktiwiteite
Die Grootfontein Skou vier vanjaar sy 114de bestaansjaar en beloof om van 17 tot 19 September weer die middelpunt van boerdery, handel en vermaak in die Noorde te wees.
Die skou open amptelik volgende Woensdag om 16:00 met ’n vlotoptog deur die strate van Grootfontein. Vanjaar se tema is “Sirkus” en die beste vlotte, uitstallers en skoolkunswerke kan pryse losslaan.
Thinus Pretorius, die president van die Namibië Landbou-unie (NLU), sal die skou amptelik open, terwyl die dorp se burgemeester, Thalita Garises, die lint sal knip.
VEE
’n Totaal van 177 beeste uit nege rasse is ingeskryf. Woensdag sluit onder meer braunvieh, limousin, simbra, charolais, boran en angus in. Donderdag volg simmentaler, dexter en brahman, met die gewilde beeskostuumparade wat om 18:00 plaasvind. Die beesskou eindig Vrydag met die interraskampioenskappe en die beeshanteerderkompetisie. Meer as 160 kleinvee is reeds ingeskryf met nóg wat verwag word. Woensdag is boerbokke en savannas aan die beurt, gevolg deur onder meer die Van Rooy- en persiese-skaaprasse op Donderdag. Vrydag se hoogtepunte sluit die interraskampioenskappe en afdelings vir bok- en skaaprasse in.
PERDESKOU
Die perdeskou bied vanjaar weer die nasionale saalperdkampioenskappe aan en dit is die derde agtereenvolgende jaar wat dit op Grootfontein plaasvind.
’n Totaal van 50 perde met 146 inskrywings is bevestig: 23 saalperde, agt Arabiere, vyf friesperde en 15 kruisrasse. Die driedaagse program bestaan uit 49 kwalifiserende klasse en word Vrydag met 11 kampioenskapsklasse afgesluit.
Alhoewel die droogte steeds sy merk laat en inskrywings minder as in 2024 is, verseker die perdekomitee dat standaarde hoog bly en dat telers hul diere met trots ten toon stel.
VROUEPROGRAM
Benewens die diere-afdelings, bied die skou ook landbou- en kommersiële uitstallings.
Op Woensdag sal Inteligro praatjies oor gewasproduksie lewer, terwyl verskaffers van trekkers, implemente, elektriese heinings, besproeiing en saad hul produkte sal uitstal. Selfs elektriese voertuie sal te sien wees.
’n Spesiale vroueprogram getiteld “Blom waar jy geplant is”, sluit ’n motiveringspraatjie deur die kunstenaar Greta Wolstenholme, ’n grimeerdemonstrasie deur Elzulien Wahl en ’n gesprek met TV-persoonlikhede Ebi en Olga Hälberstadt in.
Uitstallers bied alles van klere en juweliersware tot meubels en boeke.
PRET EN VERMAAK
Die skouprogram is propvol vermaak. ’n Meganiese bul met ’n pryspot van N$5 000 sal vir opwinding sorg, terwyl die jongspan kan uitsien na die nuwe Prime Steel-skoutreintjie, waterglybane, springkastele en die gewilde spookhuis.
Vir die volledig program en uitstallers, besoek www.grootshow.com of volg die Grootfontein Show Society op Facebook.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie