Grootfontein groet stigterspresident
Inwoners van Grootfontein en omliggende gebiede het gister by die Omulunga-stadion bymekaargekom om hul laaste eer aan die ontslape stigterspresident, Sam Nujoma, te betoon.
Die goewerneur van die Otjozondjupastreek, James Uerika, het by dié geleentheid Nujoma se bydrae tot die bevryding van Namibië en die bestuur van ’n nuwe onafhanklike land geloof.
“Die stigterspresident was een van die laaste van ’n generasie van buitengewone persoonlikhede wat Afrika gehad het. Die Afrikaleiers wat hul lande uit koloniale heerskappy en onderdrukking gelei het en om onbaatsugtig te veg vir die totale bevryding van hul lande,” het Uerika gesê.
Die voormalige sekretaris-generaal van Swapo en tans die ondervoorsitter van die Sam Nujoma-stigting, Pendukeni Ivula-Ithana, het Nujoma se verbintenis tot ’n verenigde Namibië onthou.
“Met sy leierskap het Swapo die beleid vir nasionale versoening aanvaar, wat een van Swapo se bekende slagspreuke onder die leuse ‘Een Namibië, Een Nasie’ versterk het,” het sy gesê.
Nujoma se oorskot word tans deur Namibië geneem om inwoners in staat te stel om afskeid te neem.
’n Gedenkdiens word vandag op Walvisbaai gehou en môre op Keetmanshoop voordat Windhoekers Donderdag sy kis kan besigtig. ’n Gedenkdiens word Vrydag by die Onafhanklikheidstadion gehou terwyl Nujoma Saterdag by die Heldeakker ter ruste gelê sal word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie