Gobabis se kragstelsel ‘vervalle en verouderd’

47% van infrastruktuur glo te oud
Die Gobabis-munisipaliteit se woordvoerder het die bewerings ontken en gesê amptenare in die elektriese departement het die verkryging en installering van 'n sekondêre kragkabel versoek wat die druk op die bestaande kabel sal verlig.
Yandi Du Plessis
Ogone Tlhage - Die National Unity Democratic Organisation (Nudo) het kommer uitgespreek oor Gobabis se elektrisiteitsinfrastruktuur en gesê dit is op die rand van ineenstorting.

Die dorp se munisipaliteit het egter die aantygings ontken en gesê binnegevegte en ’n meningsverskil rakende bestedingsprioriteite is die redes dat hulle nie in staat was om die probleem van voortdurende kragonderbrekings op te los nie. Dit is ’n kwessie wat opgelos kan word sonder die betrokkenheid van derde partye en die aankoop van elektriese infrastruktuur is as die probleem geïdentifiseer, het die munisipaliteit bygevoeg.

Oor die dorp se gebrek aan die bestuur van kraginfrastruktuur, het die party gesê tot 47% van die dorp se elektrisiteitsinfrastruktuur is verouderd.

“Die status van die kragnetwerk is vervalle tot die mate dat 47% van die netwerk 30 tot 50 jaar oud is, wat beteken dit kan enige oomblik ineenstort,” het Gobabis se kiesafdelingskoördineerder, Otniel Mbaeva, geskryf.

Om Gobabis se kragprobleme op te los, het die dorp die ministerie van finansies se verkrygingsbeleidseenheid (PPU) genader vir die verskaffing van kraginfrastruktuur. Onder die aanbevelings was die aanstelling van ’n raadgewende ingenieur.

“Daar is aan die tendervereistes voldoen, en die verkrygingskomitee het ’n vergadering belê en die aanstelling van die elektriese ingenieur by die rekenpligtige beampte (uitvoerende hoof) aanbeveel. ’n Formele toekenningsbrief is aan die ingenieur uitgereik,” het Mbaeva gesê.

KON NIE BEGIN WERK

Ondanks die aanstelling van die derde party kon die raadgewende ingenieur na bewering nie aan die werk spring om die dorp se kragprobleme te probeer oplos nie.

“Ons kon slegs die tariefaansoek indien en met die verkryging van die PPE begin, aangesien die konsultant onwettig opgehou is. Ons het dit op goeie gesag dat die konsultant mondelings [en] onwettig ingelig is om sy dienste te halt,” het Mbaeva beweer.

Alle pogings om munisipale amptenare sover te kry om met die ingenieur saam te werk, is geïgnoreer, het hy gesê.

“Die konsultant het die rehabilitasie van die elektriese netwerk getakel deur talle e-posse, WhatsApps en telefoonoproepe aan die betrokke personeel te rig, maar dit was tevergeefs,” het Mbaeva beweer.

Die party het gesê dit is belangrik dat die dorp se kragprobleme uit die weg geruim word.

“Ons eis dat die rehabilitasie van die elektrisiteitsnetwerk dringend aandag geniet aangesien dit ’n noodgeval vir Gobabis is. Ons wil hê die nodige en eindelose sabotasie moet met onmiddellike effek gestaak word, en ons versoek die samewerking van alle relevante belanghebbendes vir Gobabis se verbetering,” het hy gesê.

AANTYGINGS ONWAAR

Die Gobabis-munisipaliteit se woordvoerder, Frederick Ueitele, het egter die bewerings ontken en gesê dorpsamptenare in die elektriese departement het die verkryging en installering van ’n sekondêre kragkabel versoek wat die druk op die bestaande kabel sal verlig.

Daar was ook talle versoeke vir hangslotte om kragmeterkaste, wat nou oop staan, toe te sluit, maar geen reaksie is ontvang nie, het Ueitele gesê.

“Die munisipaliteit probeer al sedert 2020 om kabels aan te skaf; die munisipaliteit werk met een grootmaatkabel in plaas van twee. Die finansiële bestuurder was veronderstel om te bestel, maar het altyd gesê daar is nie geld nie.”

Ueitele het ook beweer die munisipaliteit se elektrisiteitsafdeling is nie geraadpleeg oor die aanstelling van die konsultant nie, ten spyte daarvan dat die dorp se kraginfrastruktuur in die verlede sonder probleme in stand gehou is.

“Ons netwerk is nie oud nie; ons het beskadigde kabels gehad wat nooit herstel is nie. Ons het versoeke gestuur, maar dit is geïgnoreer. Die finansiële afdeling het nie hierdie goed gekoop nie – as hulle daaraan voldoen het, sou dit nie so gewees het nie,” het hy gesê.

Lede van die gemeenskap is ook verkeerd ingelig, terwyl die aanstelling van die ingenieur nie volgens die boek gedoen is nie, het Ueitele beweer.

“Die elektrisiteitsnetwerk van Gobabis het nie die probleem soos dit uitgebeeld word nie,” het hy gesê.

“As finansies en die elektrisiteitsdepartement saamgewerk het, sou daar geen probleem wees nie. As al die goed wat die elektriese departement wou hê aangeskaf is, sou daar nie ’n probleem gewees het nie,” het hy bygevoeg.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-07-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.31 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34% Sport results: Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.31 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34%