Geingob sê tyd is reg vir groenwaterstof
Ontsluit potensiaal van hernubare energie
Die president sê groenwaterstof is deel van Namibië se langtermynplan vir 'n kleiner koolstofspoor.
Afrika het die potensiaal om ‘n sleutelrolspeler in die globale energiemark te word en die vasteland behoort met eenvormige beleide en regulatoriese hervormings te begin om die potensiaal van hernubare tegnologieë in groenwaterstof te ontsluit, het president Hage Geingob gesê.
Hy het dié opmerkings Dinsdag gemaak tydens sy virtuele toespraak by die opening van die tweede hernubare energieforum van die African Renewable Energy Initiative, wat in Kaïro, Egipte, gehou is.
“Groenwaterstof is deel van Namibië se langtermynplan vir koolstofvermindering,” het hy gesê.
“Ons fokus op die ontwikkeling van grootskaalse, laekoste- en hernubare energie. In dié verband beoog ons om die voorloper te word as ‘n kontinentale groenwaterstof-produksiepunt.”
Die president het bygevoeg dat eenvormige beleide en regulatoriese hervormings in Afrika se energiebestuursraamwerk noodsaaklik is om die potensiaal van hernubare tegnologieë in groenwaterstof, windprojekte, sonkrag en ander lae-koolstofopwekkingskapasiteite te ontsluit.
‘DIE TYD IS HIER’
“Ja, die tyd is reg om die regte dinge te doen. Met die regte soort samewerking en vennootskappe het die tyd aangebreek om te verseker dat niemand agterbly in ons doel van energie vir almal nie,” het hy gesê.
“Laat ons dus hande vat, bymekaarkom en saamwerk om toegang tot bekostigbare, betroubare, volhoubare en moderne energie vir almal te verseker.”
Geingob, wat tans sy laaste ampstermyn dien, spaar geen moeite met die groenwaterstofprojek nie, waarvoor die regering ‘n Duitse konsortium betrek het wat beplan om US$9,4 miljard op dié skema te bestee.
Namibië het sy debuut by die jaarlikse Wêreld Ekonomiese Forum-vergadering benut wat vroeër vanjaar in Davos, Switserland, gehou is, en die groenwaterstofprojek hoofsaaklik aan Europa voorgelê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie