Geestesgesondheid: Opsie eerder as noodsaaklikheid
Selfdood ’n maatskaplike noodgeval
Verwyder diskriminerende uitsluitings en sluit selfdoodverwante en gesinsterapiedienste onder alle mediesefondsvoordeelstrukture in.
Hervorm dié strukture om toegewyde jaarlikse voordele vir geestesgesondheidsbehandeling vir binne- sowel as buitepasiënte per begunstigde in te sluit.
Integreer geestesgesondheidsdienste binne primêre gesondheidsorg en verseker dat beraders en sielkundiges onder professionele toesig saam met maatskaplike werkers, verpleegkundiges en algemene praktisyns werk om vroeë, bewysgebaseerde ingrypings te lewer.
Dit is die smeekroep uit een mond van die Namibiese verenigings vir psigiaters, sielkundiges, maatskaplike werkers en private praktisyns om die geestesgesondheidskrisis te takel wat baie Namibiërs op die afgrond laat huiwer of oor dit laat stort.
Geestesgesondheid in Namibië is vir jare as ’n opsie eerder as ’n noodsaak hanteer, sê Charine Glen-Spyron, die president van die Sielkundige Vereniging van Namibië (PAN).
Talle mediese fondse in Namibië se voordeelstrukture sluit steeds terapie uit vir toestande soos gesinswanfunksie, afwykings weens middelemisbruik en selfdoodverwante stres, toestande wat volgens haar kern staan om ’n geestesgesondheidskrisis te voorkom.
“Wanneer slagoffers van selfdood van die ondersteuning van ’n mediese fonds uitgesluit word, word die stelsel self medepligtig aan vermybare verlies,” sê Glen-Spyron.
“Hierdie uitsluiting diskrimineer nie net teen pasiënte in ’n krisis nie – dit ondermyn die integriteit van ons hele gesondheidsorgstelsel.”
Sy erken sielkundiges sien tans ’n ongekende vraag na dienste, “maar tog weier voordeelstrukture steeds dekking vir die omvattende behandeling van depressie, gesinsterapie en die voorkoming van selfdood”.
“Dit is nie luukse dienste nie – dit is noodsaaklike, bewysgebaseerde ingrypings wat lewens red en algehele gesondheidsorgkoste verminder,” het sy beklemtoon.
PAN se voorleggings aan die Vereniging vir Mediese Fondse in Namibië (Namaf) en mediese fondse het volgens Glen-Spyron herhaaldelik beklemtoon dat sulke uitsluitings Namibië se grondwetlike beskerming vir familie, waardigheid en gelykheid (Artikels 8, 10 en 14) weerspreek, die reg op billike administratiewe optrede skend (Artikel 18), en nie aan die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se standaarde vir geestesgesondheidsgelykheid en toegang tot sorg voldoen nie.
Dr. Lovisa Nghipandulwa, die president van die Namibië Maatskaplike Werkersvereniging (Naswa), het op haar beurt beklemtoon selfdood in Namibië is ’n maatskaplike noodgeval wat sistemiese hervorming vereis.
“Wanneer maatskaplike werkers gesinne teëkom wat deur selfdood verskeur word, sien ons die rimpeleffekte – kinders word nie ondersteun nie, huishoudings word ontwrig en gemeenskappe word versplinter,” het sy gesê.
Volgens dr. Jürgen Hoffmann, die voorsitter van die Private Praktisynsforum (NPPF), vertraag of laat vaar pasiënte hul behandeling vir geestesgesondheid weens onbekostigbare koste en ’n gebrek aan geriewe.
Beroepslui gemoeid met geestesgesondheid word ontmoedig, onderbetaal of onderbenut soos in die geval van sielkundige beraders wat beperkte werksgeleenthede in die gesig staar ten spyte van die nasionale behoefte. Instellings funksioneer volgens Hoffmann ook met
“onvoldoende deursigtigheid, verantwoordbaarheid en kliniese konsultasie”.
“Gelykheid in geestesgesondheid is nie ’n voorreg nie, dis ’n grondwetlike en openbare gesondheidsverpligting,” beklemtoon hy.
Hoffmann het gemaan Namibië staar ’n nasionale ineenstorting in geestesgesondheid in die gesig, wat gedryf word deur langdurige administratiewe verwaarlosing.
“Universiteite het steeds nie internskapgeriewe vir gegradueerdes in sielkunde nie, terwyl aanvanklike beloftes van indiensneming binne regeringsinstellings onvervuld bly, en wat opgeleide sielkundige beraders werkloos laat,” het hy gesê.
Dr. Belinda Bruwer, die president van die Psigiatersvereniging van Namibië (PsAN) het verwys na Namaf-tariewe wat tans ’n “hoogs opgeleide spesialis met meer as 12 jaar se opleiding teen ’n koers laer as baie algemene ambagte vergoed”.
Volgens haar bly Namaf se tariefraamwerk gebaseer op ’n Suid-Afrikaanse model van 2002 met beperkte medikasie- en prosedurele opsies. Die tariewe is onvolhoubaar en ontmoedig psigiaters om in Namibië te werk, maan Bruwer.
“Hoewel Namaf gereeld professionele verenigings om insette vra, word daardie insette dikwels geïgnoreer. Dit het vertroue ondermyn en toon ’n sistemiese minagting vir spesialiskundigheid,” het sy gesê.
– [email protected] Verwyder diskriminerende uitsluitings en sluit selfdoodverwante en gesinsterapiedienste onder alle mediesefondsvoordeelstrukture in.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie