Frik de Jager onthou reise deur kookkuns
Die sjef, skrywer en reisiger Frik de Jager het Saterdagaand ’n sesgang-maaltyd as deel van die FNB Windhoek Woordfees se ‘Ses disse uit ses lande’ aan gaste by Herboth’s Blick, oos van Windhoek, voorgesit. Voor die smullekker disse bedien is, het Frik sy reise in Namibië gedeel. “Dit was wonderlik. Ons het met plaaslike mense deur die land gery en in droë rivierbeddings geslaap,” onthou Frik, wat sy lof aan Namibië en haar mense toegedig het. Die disse is deur Frik oor 30 jaar se reise versamel. Die Marokkaanse hoenderdis was die hoofgereg van die aand (inlasfoto). Foto’s Iréne-Mari van der Walt


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie