Meer as 5 000 mense bly binne die Bwabwata Nasionale Park waar die parlementêre staande komitee oor grondwetlike en regskwessies die week op 'n feitesending is.
Foto argief
Meer as 5 000 mense bly binne die Bwabwata Nasionale Park waar die parlementêre staande komitee oor grondwetlike en regskwessies die week op 'n feitesending is. Foto argief

Fokus val op Bwabwata

Parlementslede op besoek aan park
Die Hambukushu is op soek na weiding en die Khwe-gemeenskap word nie in sake geken nie.
Augetto Graig
Die parlementêre staande komitee oor grondwetlike en regskwessies is vandeesweek op ’n feitesending in die Bwabwata Nasionale Park.

Die komitee bestaande uit 21 lede, onder leiding van die voorsitter en Swapo-lid mnr. Kletus Karondo, sal met die Hambukushu Tradisionele Owerheid, die Kyaramacan-vereniging en die gemeenskap van die Omega-­nedersettings vergader, voor hulle Vrydag na Windhoek terugkeer.

Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme se voortdurende pogings om lewende hawe uit die Bwabwata Nasionale Park te verwyder, het die Hambukushu Tradisionele Owerheid omgekrap.

Dít blyk uit ’n klagskrif gedateer 6 November 2021 wat die Hambukushu Tradisionele Owerheid aan die Speaker, prof. Peter Katjavivi, gerig het.

Die grootste kwessie is kommunale boere van die Hambukushu wat tans hul lewende hawe in die park aanhou en laat wei. Dit terwyl die lynministerie ’n kabinetsbesluit van 1999 uitvoer wat stipuleer dat geen beeste in die Bwabwata Nasionale Park of enige ander wildpark in die noordooste toegelaat mag word nie.

Die feitesending is van stapel gestuur ten spyte van antwoorde wat die omgewingsminister, mnr. Pohamba Shifeta, op 3 Maart verskaf het, toe die PDM-parlementslid, mnr. Geoffrey Mwilima, vrae aan hom gestel het.

Shifeta het die parlement ingelig dat meer as 5 000 mense – meestal Khwe San-lede – by Omega 1, Omega 2, Omega 3 en die Cheto-nedersetting binne die park woon.

Die Kyaramacan-vereniging verteenwoordig die inwoners. Die vereniging se inkomste word deur natuurbewaarders bestuur en sluit sowat N$2,5 miljoen per jaar van jagkonsessies in, en sowat N$300 000 van duiwelsklou-oeste. Die vereniging stel vanjaar sonkrag aan 106 begunstigdes teen ’n bedrag van N$2,3 miljoen beskikbaar, het die minister gesê.

Die Ombudsman, adv. Basilius Dyakugha, het egter Donderdag in ’n verklaring die ministerie se versuim betreur om inwoners van die park te raadpleeg, insluitend die Khwe-gemeenskap.

“Die gemeenskap in daardie gebied, insluitend die Khwe-gemeenskap, kan daarvan getuig dat daar nie behoorlike konsultasie was toe die regering besluit het om die gebied van ongeveer 6 274 km² as bewaringsgebied te proklameer nie. Dit sonder inagneming dat daar nie blyplek aan diegene gegee is wat daar gewoon het nie, of hoe hulle sou oorleef nie.

“Die omgewingsministerie konsentreer meestal op papier- of teoretiese bewaring, terwyl die behoeftes van mense wat in daardie gebiede woon, geïgnoreer word.

“Almal het ’n rol om in natuurbewaring te speel,” dring die Ombudsman aan.

Dyakugha stel voor die ministerie neem aksie om mens-dier-konflik te verminder. Sy voorstelle is om oortollige krokodille te laat uitdun, om heinings te span om mense se gebruik van die rivier te beveilig, en om damme te bou om diere weg van die rivier en mense se wonings te lok.

“Die omgewingsministerie neem nie die belange van die gemeenskap ernstig op nie, omdat dit vir soveel jare selektief was. Tot ’n groter mate het hulle dit vermy of geweier om ’n sinvolle dialoog met die gemeenskap in Bwabwata aan te knoop,” sê hy.

Die welstand van die mense moet eerste kom, dring hy aan, “omdat hulle die bewaarders van die grond, insluitend die hulpbronne, is,” sê hy.

Dié week het die Regshulpvereniging (LAC) ook die feit betreur dat geen tyd spesifiek vir Khwe-insette in die reisplan van die staande komitee toegeken is nie.

Die regering erken nie Khwe tradisionele owerhede nie, en hulle val onder Hambukushu-bestuur, maar volgens die LAC is daar geen aanduiding dat die regte van die Khwe gehandhaaf word nie.

“Die beweringe wat voorgehou word, regverdig nie die indringing van Hambukushu-boere en beeste in die gebied nie,” voeg LAC se projekkoördineerder van grond, omgewing en ontwikkeling, me. Corinna van Wyk, by.

Karondo het gister bevestig die komitee sal vandag met Khwe-lede vergader as deel van die Kyaramacan-vereniging en inwoners van Omega.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Udinese 1 vs 1 Empoli | Monza 0 vs 1 Frosinone | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City F1: Emilia Romagna GP First:Max Verstappen Red Bull 01:25:25 Second:Lando Norris McLaren + 00:00:00.725 Third:Charles Leclerc Ferrari + 00:00:07.916 Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Udinese 1 vs 1 Empoli | Monza 0 vs 1 Frosinone | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City F1: Emilia Romagna GP First:Max Verstappen Red Bull 01:25:25 Second:Lando Norris McLaren + 00:00:00.725 Third:Charles Leclerc Ferrari + 00:00:07.916 Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%