Europese politici besoek Namibië
’n Hoëvlak-afvaardiging van die Europese Unie (EU) besoek Namibië vanaf môre tot eerskomende Vrydag.
Volgens Twaku Kayofa, die woordvoerder van die EU-afvaardiging in Namibië, is die doel van die besoek om die EU-Namibië-vennootskap te versterk en te bepaal hoe Global Gateway-beleggings in die Namibiese groen nywerheidsontwikkeling werkskepping en groei bevorder.
Die afvaardiging bestaan uit die EU-kommissaris vir internasionale vennootskappe, Jozef Síkela, en die voorsitter van die Europese parlement se ontwikkelingskomitee, Barry Andrews, saam met agt senior lede van die komitee en die afvaardiging na die Afrika-EU- parlementêre vergadering.
Die strategiese vennootskap oor groen waterstof en kritieke grondstofwaardekettings kom onder meer onder die soeklig, tesame met die EU se Global Gateway-strategie en Team Europe-inisiatiewe in Namibië. Die program sal vergaderings met president Netumbo Nandi-Ndaitwah en plaaslike besluitnemers, burgerlike verteenwoordigers, die private sektor en belangrike belanghebbendes insluit, asook besoeke aan EU-gesteunde projekte, insluitend dié wat geïmplementeer word onder die EU se Global Gateway-strategie, brei Kayofa uit.
Síkela sê: “Hierdie besoek aan Namibië, saam met die Europese parlement, beklemtoon hoe toegewyd ons aan die EU-kant is om kragte saam te snoer, en saam met EU-lidlande en finansiële instellings in ’n Span Europa-benadering ekonomiese en werksgeleenthede onder die Global Gateway te ontsluit.
“Saam met Namibië se leierskap, gekombineer met die slaankrag van Europese maatskappye en die plaaslike private sektor, streef ons daarna om ’n betekenisvolle en volhoubare impak te dryf, wat die gedeelde doelwitte van voorspoed en groen ontwikkeling vir die Namibiese bevolking bevorder.”
Andrews het gesê: “Dis ’n eer om die Europese parlement op hierdie belangrike sending na Namibië te verteenwoordig.
“Die Europese parlement is ’n voorstander van die VN se volhoubare ontwikkelingsdoelwitte en in ’n tyd van groeiende wêreldwye onsekerheid is ons verbintenis tot die bou van verhoudings met lande soos Namibië belangriker as ooit van tevore.
“Doeltreffende samewerking vereis sterk demokratiese dialoog, deursigtigheid en verantwoordbaarheid, en ek sien uit daarna om belangrike besluitnemers, insluitend die president, en sleutelverteenwoordigers van Namibië tydens ons reis te ontmoet.”
Vanjaar herdenk 35 jaar van samewerking tussen Namibië en die EU en die Global Gateway is die EU se bydrae van 300 miljard euro om die globale beleggingsgaping wêreldwyd te vernou, het Kayofa gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie