Ek is ’n fluitjieblaser, sê De Klerk
Die vermeende Fishrot-betaalmeester Marén de Klerk het teruggekap teen bewerings wat hom as ’n voortvlugtige uitbeeld.
Hy het daarop aangedring dat hy eerder erken moet word as ’n fluitjieblaser wat kritieke besonderhede van een van Namibië se mees hoëprofiel-korrupsieskandale onthul het.
In reaksie op ’n onlangse artikel wat hom as “op die vlug” beskryf het, het De Klerk by monde van sy prokureurs PD Theron & Associates dit as vals en misleidend beskryf.
Volgens sy regsverteenwoordigers is De Klerk in 2023 in Suid-Afrika in hegtenis geneem ingevolge ’n lasbrief wat op Namibië se versoek uitgereik is.
De Klerk het homself ten volle aan die hof se jurisdiksie onderwerp. Hy het tot Junie 2024 by die regsproses betrokke gebly, toe die uitleweringsaansoek formeel teruggetrek is, aldus sy prokureurs.
De Klerk hou vol dat hy vrywillig finansiële transaksies wat verband hou met die Fishrot-skandaal bekend gemaak het en homself as ’n fluitjieblaser eerder as ’n voortvlugtige geposisioneer het.
“Dit moet beklemtoon word dat ons kliënt in werklikheid ’n fluitjieblaser in die sogenaamde Fishrot-saak is, nadat hy vrywillig transaksies van reuse-openbare belang onthul het,” het sy regsverteenwoordigers gesê.
De Klerk het Namibië in Januarie 2020 verlaat, kort nadat hy deur ondersoekbeamptes van die Teenkorrupsiekommissie van Namibië (ACC) ondervra is in verband met die Fishrot-saak, wat die beweerde onwettige verkryging en verkoop van Namibiese visvangkwotas behels. Hy woon sedertdien in Suid-Afrika. In Namibië word hy formeel aangekla en en vir vervolging gesoek.
Sy prokureurs het vandeesweek sommige mediahuise daarvan beskuldig dat hulle De Klerk se samewerking met owerhede verwater en die openbare vertroue ondermyn deur hom as ’n “wegholverdagte” te beskou.
“Die ironie is duidelik: dit is juis hierdie vorm van roekelose en bevooroordeelde beriggewing wat die openbare vertroue in die media ondermyn en die geloofwaardigheid daarvan as ’n bewaarder van die waarheid verswak,” het sy regsverteenwoordigers gesê.
Volgens De Klerk se regspan was die media se fokus op hom “totaal buite verhouding” in vergelyking met ander verdagtes in die saak.
Terwyl sekere Yslandse burgers wat na bewering kern tot die skandaal staan, grootliks volgehoue ondersoek vermy het, is De Klerk vir negatiewe dekking uitgesonder.
Sy prokureurs voer aan dat hierdie wanbalans die risiko loop om openbare vooroordeel aan te wakker en enige toekomstige verhoor in Namibië in gevaar kan stel.
Die ministerie van justisie en arbeidsverhoudinge het verlede week aan Network Media Hub (NMH bevestig dat hulle aktief alle beskikbare regsgeleenthede saam met die kantoor van die aanklaer-generaal benut om De Klerk se terugkeer na Namibië te verseker om sy dag in die hof te hê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie