No Image Caption

Dr. Hage Geingob-snelweg na lughawe vorder

Eliot Ipinge
Die Paaieowerheid (RA) het toegang na die ­voltooide ­gedeeltes van Fase 2B en 10 km van Fase 2A van die ­Dr. Hage G. Geingob-snelweg (die pad tussen Windhoek en die Hosea Kutako Internasionale Lughawe) aangekondig. RA se uitvoerende hoof, dr. Conrad Lutombi (­middel), het gesê die snelweg is ‘n geskiedkundige mylpaal in Namibië se infrastruktuur­ontwikkeling. “Hierdie pad is vir ons almal. Dit verbind gemeenskappe, dra by tot ons ekonomie en sal die nasie vir jare dien. Ons doen ‘n beroep op alle padgebruikers om veilig te bestuur ­sodat geen lewensverliese op hierdie ­belangrike roete gely word nie.” Foto Eliot Ipinge



Kommentaar

Republikein 2025-12-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer