DPM moet pa staan vir ‘arseen-tydbom’
Nuwe eienaars moet nie blaam dra
Henriette Lamprecht
Dundee Precious Metals (DPM) is die ingenieurs van die “arseen-tydbom” op Tsumeb en “’n omgewingsmisdaad teen die mensdom”, sonder om verantwoordbaar gehou te word of pa hoef te staan vir die rehabilitasie van die omgewing.
Die Tsumeb Business Consortium (TBC) het in reaksie op ’n verslag van spesiale rapporteurs van die Verenigde Nasies (VN) gesê die “oorblyfsels” van DPM is steeds deel van die nuwe eienaar van die smelter, Sinomine.
“Beide die voormalige besturende direkteur en sy topbestuur is steeds in diens van Sinomine en moet verantwoordbaar gehou word vir die omgewingsmisdade wat hulle teen die gemeenskappe van Tsumeb gepleeg het,” het TBC by monde van sy uitvoerende hoof, Engel Nawatiseb, gesê.
TBC het op die rehabilitasie van die dorp se omgewing deur DPM aangedring as ’n voorwaarde voordat die myn aan Sinomine verkoop is.
Die versoek en voorwaardes is egter nie deur die Namibiese Mededingingskommissie as deel van die verkooptransaksie aanvaar nie.
Die konsortium het ook daarop aangedring dat betroubare toetse uitgevoer en arseenvlakke ondersoek word in al die inwoners van die dorp – op DPM se onkoste – en dat die bevindinge openbaar gemaak word.
Nawatiseb het namens TBC gesê Sinomine as die nuwe eienaars kan nie vir die “historiese verwoesting” van die Tsumeb-omgewing, besoedeling van waterbronne en die arseen-situasie blameer word nie. Volgens hom moet Sinomine eerder geprys word vir die opskorting van alle bedrywighede by die smelter en die beëindiging van die invoer van “giftige” konsentrate uit Bulgarye sedert die maatskappy eienaarskap van die Tsumeb-smelter oorgeneem het.
“Sinomine het alle pogings gestaak om gevaarlike koperkonsentrate te produseer en al sy bedrywighede onder sorg en onderhoud geplaas.
“Dis ook die rede waarom Tsumeb se lug ook nie meer besoedeling soos in die verlede ervaar nie,” het Nawatiseb gesê.
Volgens hom is dit te laat om die “nulsomspel” te speel om Tsumeb se gemeenskap te red en moet daar eerder vriendskaplike oplossings gevind word vir die verwydering van die arseendam van die smelters.
“Ons is vol vertroue dat ons gesamentlik strategieë kan vind en Sinomine kan ondersteun om ’n blywende oplossing te vind om die arseenkrisis wat deur DPM veroorsaak is, te rehabiliteer,” het hy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie