#DokJan se ma’s

Henriette Lamprecht
As jy al op ’n sloertoer saam met Republikein was, het jy beslis al met die koerant se gelukbringer #DokJan kennis gemaak wat saam klim as die wiele uit Windhoek rol.

#DokJan is ’n besige, bont verkleurmannetjie met reismiere – vernoem na dr. Jan Spies, die gewilde storieverteller en een van die medestigters van Die Republikein saam met Dirk Mudge op 1 Desember 1977 – en het vanjaar al van Walvisbaai se strandmeer, Swakopmund se pier en Okahandja se gewilde houtwerkmark tot die Outjo Wildsfees besoek.

#DokJan is die produk van Justine Gowases en Elfriede Tsaes, twee inspirerende en vlytige Damara-vroue op Khorixas wat deel is van ’n modeontwerpgroep wat binne ’n kwessie van twee jaar van werkloos tot ’n groep vaardige en suksesvolle jong vroue ontwikkel het wat hul produkte aan veral toeriste verkoop.

Die lekkerste produkte om te maak is die verkleurmannetjies, olifante en kameelperde, vertel Elfriede uit Khorixas. Sy en Justine is deel van ’n groep van vyf vroue wat hul passie in die ontwerp en maak van handwerk- en mode-items gevind het.

“Die groep het gevorm uit die gratis gemeenskapsopleiding wat Cosdef, die Namibiese stigting vir die ontwikkeling van vaardighede in gemeenskappe, aan ons en baie ander gebied het,” sê Elfriede.

Die opleiding het in 2016 begin en Cosdef mentor en ondersteun steeds die vroue.

Die inkomste wat Elfriede uit die verkoop van die handgemaakte speelgoed en klere genereer, help haar om haar huisrekeninge te betaal.

Buiten vir die ontwerp en maak van opvoedkundige speelgoed vir onder meer sentrums vir vroeë kinderontwikkeling (ECD’s) vir Palms for Life, maak hulle ook handpoppe en help om San-vroue by Tsintsabis op te lei.

Die groep vroue waarvan hulle deel is, was die eerste wat opleiding in modeontwerp deur Cosdef ontvang het, vertel Justine.

“Ons het toe verander na handwerk omdat ons in ’n toeristegebied bly en het verskillende opgestopte speelgoeddiere soos kameelperde, renosters en leeus gemaak. Cosdef op Swakopmund staan agter ons om ons produkte te ontwikkel,” sê sy.

Die inkomste help baie, maar hulle kry net ’n paar bestellings.

“Ons hoop die mediablootstelling sal help. Ons droom is om ’n kunsvlytsentrum op Khorixas oop te maak en ons het reeds met die dorpsraad gepraat om vir ons ’n ruimte daar te gee.”

Na afloop van opleiding in besigheid en naaldwerk deur die Oyetu-uitreikprojek, wat onder Cosdef val, het die vroue geleer om oorspronklike en baie gewilde produkte uit materiaal te maak.

’n Nuwe produklyn is ontwikkel gebaseer op die wildlewe in die gebied, wat opgestopte dierespeelgoed vir die toerismemark in die Kunenestreek insluit. Die groep vlytige vroue het nou ’n besigheid op die been gebring en verkoop hulle unieke, plaaslik-vervaardigde produkte aan toeriste deur dit aan kunsvlyt- en geskenkwinkels oraloor die land te bemark.

Oyetu beteken “ons s’n” in Oshiwambo en is ’n uitreikprogram vir vaardigheidsopleiding vir minderbevoorregte Namibiërs en handwerkers op die platteland. Die doel is om hulle potensiaal te verhoog om ’n inkomste te genereer deur opleiding en mentorskap vir die ontwikkeling, bemarking, etikettering en verpakking van hul produkte. Die opleiding sluit ook die ontwikkeling van beroepsgerigte- en sakevaardighede soos kosteberekening, die uitwerk van pryse en ook boekhouding in wat hulle in staat stel om ’n klein besigheid te begin.

Dit word geborg deur die Duitse organisasie Bread for the World en Oyetu lei een groep per streek oraloor Namibië op, met alle opleiding wat geborg word en opleidingsmateriaal wat verskaf word.

Die doel is dat deelnemers ’n klein onderneming op die been kan bring met die vaardighede waarmee hulle toegerus is om innoverende en nuwe ontwerpe vir produkte te skep.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.79 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.91 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.22 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79361.57 Up +0.93% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1732.62 Up +1.27% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 381.53/OZ DOWN -0.0043 | Copper US$ 4.84/lb DOWN -0.0113 | Zinc US$ 2 972.50/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 83.74/BBP UP +0.56% | Platinum US$ 1 056.43/OZ DOWN -0.0126 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.79 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.91 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.22 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79361.57 Up +0.93% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1732.62 Up +1.27% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 381.53/OZ DOWN -0.0043 | Copper US$ 4.84/lb DOWN -0.0113 | Zinc US$ 2 972.50/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 83.74/BBP UP +0.56% | Platinum US$ 1 056.43/OZ DOWN -0.0126