Dit reën van noord na suid

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht

Met wydverspreide donderbuie wat vandag oor die Kunene en Erongo voortduur, was die vreugde in veral die droogtegeteisterde gebiede die naweek groot met verskeie riviere wat hul pad deur die sand gebeur het.

Van die Tsisebrivier by die Brandberg tot die Ugab by Skedelkuspark tot die riviere in Windhoek en in die Suide het die naweek geloop.

Volgens die Namibiese weerkantoor kan gedeeltelik bewolkte en warm tot baie warm weer in die Zambezi, Omaheke en ook die suidoostelike gedeeltes van die land met geïsoleerde tot verspreide donderbuie verwag word.

In die Kunene, Erongo en die suidweste van die land sal die buie wydverspreid voorkom. Aan die kus wat gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm sal wees, word ook buie en donderbuie verwag.

By die White Lady Lodge het die Tsisebrivier amper tot by die Ugabrivier geloop, terwyl Ruacana vir die week 79 mm aangeteken het.

Een van die gewildste video’s wat die naweek op “Reën in Namibia” gedeel is, was van die rivier by die Spitzkoppe wat kant tot wal geloop het. By die ruskamp is 30 mm in ’n halfuur aangeteken.

Nog ’n gewilde plasing was dié van ’n vragmotor sowat 28 km buite Khorixas op die pad na Torrabaai wat in ’n vol rivier vasgeval en na bewering reeds vyf dae daar deurgebring het.

Foto’s is ook gedeel van die rivier by Elisenheim wat vol sterkte geloop het, terwyl inwoners tot 80 mm uit die reënmeters gegooi is. In die Otavi-vallei staan die totaal vir die seisoen reeds op 378 mm, met 20 mm wat ook op Epupa uitgesak het.

Ondangwa het 11 mm gemeet, met Otjikutu by die Kunenerivier wat 20 mm aangeteken het, die meeste vir die seisoen tot dusver. In die noordweste is 28 mm in die omgewing van Otjikondo gemeet.

Op Otjiwarongo het die reën met erge donderweer en blitse gepaard gegaan en is tot 50 mm gemeet. Weltevrede tussen Solitaire en Sesriem in die suidweste het ’n verdere 12 mm ontvang en sy totaal vir die seisoen staan nou op 70 mm.

Berigte is ontvang dat “al wat ’n riviertjie is” verlede week in die Namib-Naukluftpark geloop het. Keetmanshoop het 9 mm reën uitgegooi.

In die hoofstad is tot 30 mm in Academia gemeet. Oos van die stad is tot 80 mm by Kapps Farm gemeet.

Pragfoto’s is ook ingestuur van die lelies in die woestyn wat welig in pienk blom sowat 20 km van Klein Aus Vista.

Volgens die weerkantoor is 49,2 mm teen gisteroggend op Sesfontein gemeet. Op die lughawe by Rundu is 38,2 mm uitgegooi, Okahao het 35,2 mm gemeet, Giribesvlakte 32,3 mm, Waterberg 28,3 mm, Maltahöhe 21,4 mm, Oshakati 18 mm, Nkurenkuru 17 mm, Okahandja 13,5 mm, Kaoko Otavi 13,3 mm, Mariental 12,8 mm, Omaruru 6,8 mm, Gondwana Canyon Lodge 3,7 mm en Okongo 3,2 mm.

Volgens Vrydag se hidrologiese verslag het die Kuisebrivier by Gobabeb gevloei en was die riviervlak by Rooibank teen Vrydag op 1,15 meter. Die Visrivier se vlak by Tses het Vrydag op 0,6 meter gestaan.

Volgens die verslag styg die Zambezi by Katima Mulilo geleidelik en was die vlak met die aanvang van die naweek 2,18 meter en bo normaal. Die Okavangorivier by Rundu het effens gestyg en was teen dieselfde tyd 4,58 meter hoog ná ’n styging van 2 cm.

Die vlak van die Kunenerivier is steeds baie laag. Die verslag maan gemeenskappe in gebiede wat geneig is tot vloede, insluitend veral die Khomas Hochland, Kuiseb en suidelike dele van die land, moet uiters waaksaam wees vir moontlike vloede.

Met betrekking tot die land se grootste damme, sê die verslag beduidende invloei is die afgelope weke aangeteken. Die totale inhoud van die grootste watervoorsieningsdamme in die suide is relatief hoog en het Vrydag op 93,1% gestaan in vergeleke met die 91,1% van ’n week tevore.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.14 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.34 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.85 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.78 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.34 | USD to ZMW 25.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 370.69/OZ UP +0.63% | Copper US$ 4.86/lb DOWN -0.0045 | Zinc US$ 2 986.50/T DOWN -0.16% | Brent Crude Oil US$ 82.15/BBP DOWN -0.0123 | Platinum US$ 1 050.10/OZ UP +0.61% Sport results: Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.14 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.34 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.85 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.78 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.34 | USD to ZMW 25.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 370.69/OZ UP +0.63% | Copper US$ 4.86/lb DOWN -0.0045 | Zinc US$ 2 986.50/T DOWN -0.16% | Brent Crude Oil US$ 82.15/BBP DOWN -0.0123 | Platinum US$ 1 050.10/OZ UP +0.61%