‘Dit gaan ’n mooi seisoen wees’

Henriette Lamprecht
Rooi Kalahari-duine wat wit gestrooi is met hael, stroompies en riviere wat rol oor die sand en viertrekvoertuie wat sukkel om uit die modder te ontsnap. Namibiërs en veral inwoners en boere in die Suide van die land is op die vooraand van Oktober geseën met swaar reënbuie wat riviere laat loop en plaasdamme gevul het.

Op Namibië Reën/Weer se Facebookblad en Weerinligting het reënsyfers wat gedeel is, gewissel van 5 mm tot meer as 60 mm.

Dié wat met hul reënmeters gespog het, sluit in Tranental 50 km suid van Aroab (22 mm), Ariamsvlei 8 mm, 9 tot 14mm naby Klein Karas, Orion, Stokkiesdraai en Matterhorn op die Swartrante naby Maltahöhe tussen 20 mm en 40 mm, Gocharus 40 km noord van Koës 4 mm gehad, Berghof 85 km suidoos van Keetmanskoop 24mm, Kokerboomwoud 10 mm, Sprinkane 16mm, Macduff’s Kasteel 60 km suidwes van Bethanie 20 mm, Akam 80 km suidoos van Aus 20 mm, Nukois 160 km suidoos van Keetmanshoop 24 mm, Alte Kalköfen Lodge 48mm, Klein Karas 18 mm, Maguams noordoos van Helmeringhausen 50 mm, Pietersville 40 km suid van Stampriet 56 mm, Hogeis 60 km suidoos van Karasburg 22 mm, Witwater 60 km noordoos van Helmeringhausen 67 mm, Orion op Swartrante naby Maltahöhe tussen 14 en 26 mm, met van die boere in die omgewing wat tot 52mm gemeet het.

Die Duwisebrivier wat goeie neerslag ontvang het by die kasteel het vir die eerste keer in ongeveer vier jaar sy verste punt van vloei bereik op Dina en Excelsior, aangrensend aan die NamibRand Natuurreservaat. Intussen voorspeel die Namibiese weerkantoor vir vandag matige tot warm weer in die Suide van die land sonder enige vooruitsigte van reën.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-10-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer