No Image Caption

Dicks se nalatenskap leef voort

Henriette Lamprecht
The Project Room vier die opening van sy nuwe tuiste en hoofstuk by Crohnstraat 5 in Windhoek met die ­uitstalling Conversations, ’n ­kuratoriese verkenning van die gevierde ­Namibiese kunstenaar Trudi Dicks se artistieke nalatenskap.



Conversations is die tweede ­uitstalling in ’n reeks van twee en fokus onder meer op Dicks se vermoë om menslike interaksie en figure vas te vang wat temas van verbintenis, isolasie en sosiale kompleksiteit ondersoek.



Die uitdrukkings van haar “voorwerpe” wissel van direk en leesbaar, tot bewustelik versteek en nooi die kyker uit om na ­leidrade in hul liggaamstaal, gebare en negatiewe ruimte te soek. Die uitstalling open vanaand om 18:30.



- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-11-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer