Dana Snyman in gesprek met Eddie Turner

Iréne-Mari van der Walt
Tydens ’n gesprek oor sy jongste boeke Seun en Wie de hel is Johnny Joubert? met Eddie Turner vir die FNB Windhoek Woordfees en Krit, het die skrywer Dana Snyman onder meer oor sy geloof, die afwesige perspektief van vroue oor verpligte militêre diensplig en sy verhouding met die omstrede stigter van die Afrikaner-Weerstandsbeweging (AWB), Eugène Terre’Blanche gesels.



Snyman se pa, Coenraad Snyman, was eens op ’n tyd die AWB se kapelaan en hy verduidelik dat hy “Oom Gene” deur sy ouers leer ken het.



“Ek ken Eugène Terre’Blanche as oom Gene. Hy en my pa was vriende. Oom Gene het geweet ek het toe vir Beeld gewerk en hy het geweet ek was polities glad nie op dieselfde plek nie, maar ons het nooit ’n probleem daaroor gehad nie,” het Snyman gesê.



“Die eerste keer toe ek oom Gene werklik leer ken het, het hy en sy vrou by my pa-hulle kom eet. Hy het daar aangekom met sy ouerige Nissan-bakkie en ek en die oom het begin gesels en ons het daardie nag deur gekuier.



“My pa het ’n liefde gehad vir wat hy gedink het was ’n fancy wyn – ’n riesling. Ek en oom Gene het daardie riesling gekaap,” het hy laggend vertel.



Snyman sê sy gesprekke met die AWB-stigter was glad nie polities nie.



“Ongeag my beskouing wat anders is, het dit oor poësie gegaan. Jy kon vir hom sê: ‘Oom, sê vir my D.J. ­Opperman se Ballade van die Grysland op’ en dan sit hy sy glas riesling neer en dan sê hy hom net so op.



“Die oggend het geëindig – die son het reeds opgekom – en ons het ook die gedig van N.P. van Wyk Louw, Ballade van die Nagtelike Ure, bespreek. . . en toe kry ons nie sy bakkie se sleutels nie,” vertel die skrywer.



Snyman het ook uitgebrei oor die erns van apartheid en die uitwerking daarvan op Afrikaners.



“Apartheid was ’n gruwel en ons moet dit nooit vergeet nie. Baie van wat nou gebeur, is as gevolg van daardie gruwel en ons kan nie daar verbykom nie,” het hy gesê.



[email protected] Tydens ’n gesprek oor sy jongste boeke Seun en Wie de hel is Johnny Joubert? met Eddie Turner vir die FNB Windhoek Woordfees en Krit, het die skrywer Dana Snyman onder meer oor sy geloof, die afwesige perspektief van vroue oor verpligte militêre diensplig en sy verhouding met die omstrede stigter van die Afrikaner-Weerstandsbeweging (AWB), Eugène Terre’Blanche gesels.



Snyman se pa, Coenraad Snyman, was eens op ’n tyd die AWB se kapelaan en hy verduidelik dat hy “Oom Gene” deur sy ouers leer ken het.



“Ek ken Eugène Terre’Blanche as oom Gene. Hy en my pa was vriende. Oom Gene het geweet ek het toe vir Beeld gewerk en hy het geweet ek was polities glad nie op dieselfde plek nie, maar ons het nooit ’n probleem daaroor gehad nie,” het Snyman gesê.



“Die eerste keer toe ek oom Gene werklik leer ken het, het hy en sy vrou by my pa-hulle kom eet. Hy het daar aangekom met sy ouerige Nissan-bakkie en ek en die oom het begin gesels en ons het daardie nag deur gekuier.



“My pa het ’n liefde gehad vir wat hy gedink het was ’n fancy wyn – ’n riesling. Ek en oom Gene het daardie riesling gekaap,” het hy laggend vertel.



Snyman sê sy gesprekke met die AWB-stigter was glad nie polities nie.



“Ongeag my beskouing wat anders is, het dit oor poësie gegaan. Jy kon vir hom sê: ‘Oom, sê vir my D.J. ­Opperman se Ballade van die Grysland op’ en dan sit hy sy glas riesling neer en dan sê hy hom net so op.



“Die oggend het geëindig – die son het reeds opgekom – en ons het ook die gedig van N.P. van Wyk Louw, Ballade van die Nagtelike Ure, bespreek. . . en toe kry ons nie sy bakkie se sleutels nie,” vertel die skrywer.



Snyman het ook uitgebrei oor die erns van apartheid en die uitwerking daarvan op Afrikaners.



“Apartheid was ’n gruwel en ons moet dit nooit vergeet nie. Baie van wat nou gebeur, is as gevolg van daardie gruwel en ons kan nie daar verbykom nie,” het hy gesê.



[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-10-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer