Dana op soek na vroueperspektief
Die manlike psige en die maniere waarop mans hul trauma verwerk, was van die onderwerpe wat Dinsdagaand onder die loep geneem is tydens ’n gesprek tussen skrywer Dana Snyman en Eddie Turner. Snyman was die eregas by ’n Krit-boekgesprek by die NG Kerk Windhoek-Wes wat gesamentlik deur die FNB Windhoek Woordfees en Krit aangebied is. Snyman het onder meer gesê hy wag steeds vir ’n vroueskrywer wat die trauma van die apartheidsera se vereiste militêre diens vanuit ’n vroueperspektief kan neerpen. “Ek dink vroue het ’n baie ander perspektief op mans se weermag-ervarings en ek dink daar is ’n groot storie daar, want vroue kry swaar op hul eie manier daardeur. Ek hoop daar word so ’n boek geskryf,” het hy gesê. Snyman het ook onder andere sy unieke verhouding met die stigter van die Afrikaner-Weerstandsbeweging (AWB), Eugène Terre’Blanche, en die mense wat hy in sy loopbaan as joernalis ontmoet het, gedeel. Lees die volledige artikel môre in Kollig. Foto Iréne-Mari van der Walt Die manlike psige en die maniere waarop mans hul trauma verwerk, was van die onderwerpe wat Dinsdagaand onder die loep geneem is tydens ’n gesprek tussen skrywer Dana Snyman en Eddie Turner. Snyman was die eregas by ’n Krit-boekgesprek by die NG Kerk Windhoek-Wes wat gesamentlik deur die FNB Windhoek Woordfees en Krit aangebied is. Snyman het onder meer gesê hy wag steeds vir ’n vroueskrywer wat die trauma van die apartheidsera se vereiste militêre diens vanuit ’n vroueperspektief kan neerpen. “Ek dink vroue het ’n baie ander perspektief op mans se weermag-ervarings en ek dink daar is ’n groot storie daar, want vroue kry swaar op hul eie manier daardeur. Ek hoop daar word so ’n boek geskryf,” het hy gesê. Snyman het ook onder andere sy unieke verhouding met die stigter van die Afrikaner-Weerstandsbeweging (AWB), Eugène Terre’Blanche, en die mense wat hy in sy loopbaan as joernalis ontmoet het, gedeel. Lees die volledige artikel môre in Kollig. Foto Iréne-Mari van der Walt


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie