Da Cuñha hou Namibië se vlag hoog in Turkye
Shanizia Nagracia Da Cuñha verteenwoordig Namibië vanaand in die Miss Aura International-skoonheidskompetisie in Antalya, Turkye. Sy het ook voorheen in Milaan modelwerk gedoen.
Sy sluit aan by 40 ander deelnemers van oraloor die wêreld by die Rixos Sungate, ’n luukse vyfsteroord wat oor die Middellandse See uitkyk.
“Dit is niks minder as fenomenaal nie,” het Da Cuñha oor haar ervaring tot dusver gesê en bygevoeg die vlak van gasvryheid en die prag en praal by die oord is merkwaardig.
Vir die jong model, wie se loopbaan op die loopplanke van Windhoek begin het, was die weg na Turkye gebaan met harde werk, selfvertroue en ’n meedoënlose strewe na uitnemendheid. Sy onthou die dag toe sy die nuus ontvang het dat sy vir ’n loopplankvertoning in Milaan gekies is – ’n oomblik wat sy as “surrealisties” beskryf.
“Ek onthou ek was angstig maar ook opgewonde,” het sy gesê.
“Dis die soort geleentheid waarvan soveel modelle droom en dit het uiteindelik vir my gebeur.”
NUWE VERHOOG
Ten spyte van die omvang van Milaan se vertonings, het sy opgemerk die ervarings in dié modestad is nie heeltemal anders as Namibië se modegeleenthede nie, waar organiseerders ewe indrukwekkende produksies lewer.
Da Cuñha het egter erken dat internasionale vertonings dikwels met strenger vereistes gepaardgaan en het aspirant Namibiese modelle aangeraai om voor te berei deur deeglike navorsing te doen.
In Milaan het Da Cuñha vir Italiaanse en New York-gebaseerde ontwerpers geloop. Sy het hul aandag aan detail baie bewonder, nie net as model nie, maar ook as modeontwerper.
“Hulle is dapper in hul kreatiwiteit en elkeen het ’n kenmerkende styl wat ek inspirerend vind,” het sy gesê.
Deur Namibië op sulke platforms te verteenwoordig, het haar oortuiging versterk dat geen droom buite bereik is met moeite en veerkragtigheid nie.
“Dit neem net een ‘ja’ om jou lewe te verander,” het sy gesê, ’n leuse wat haar ambisie aangevuur het om Namibië se talent op internasionale loopplanke ten toon te stel.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie