CoW takel studente se skuld
Die City of Windhoek (CoW) se belofte om N$90 000 se finansiële ondersteuning aan studente te bied, is volgens die Namibiese Nasionale Studente-organisasie (Nanso) prysenswaardige.
Die bemagtiging van burgers deur opvoeding, vorm volgens die munisipaliteit se koördineerder vir interstaatverhoudings, Monika Sheefeni, deel van die mandaat waaronder die munisipaliteit se burgemeestersfonds vir burgers gestig is.
“As 'n munisipaliteit werk ons baie met minderbevoorregte mense en ons wil hulle die geleentheid gee om hul omstandighede te verbeter,” het sy gesê.
Sy het ook gesê die eerste aansoeke sal gebruik word as 'n verwysing waarvolgens die munisipaliteit 'n besluit sal neem rakende die toekoms van die inisiatief.
Hoewel daar tans geen duidelik riglyne is oor hoe hierdie fondse aangewend sal word nie, verduidelik Sheefeni dat hulle na die sluitingsdatum vir aansoeke die grootse behoefte onder Windhoek-gebaseerde studente sal uitken en daarvolgens 'n besluit sal neem.
"Ons wil graag help in gevalle waar studente se uitstaande skuld aan hul universiteite en onderriginstansies betaal moet word sodat hulle hul resultate kan ontvang om weer vir hul volgende semester te registreer,” het Sheefeni gesê.
Nanso se woordvoerder, Dorthea Nangolo, sê: “Ons verwelkom beslis die inisiatief en ons sien hul harte vir ons. Ons weet daar heers tans 'n befondsingskrisis in Namibië en dat daar gevalle is waar studente nie vir lenings van die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) kwalifiseer nie, wat deur ’n inisiatief soos hierdie bystand kan ontvang. Ons moet instansies prys as hulle sulke stappe neem en ons nooi graag ander instansies, en selfs privaat individue, uit om nog meer studente te help. Jou bietjie gaan baie ver," het sy gesê.
APARTE BLOK:
Studente wat vir finansiële ondersteuning wil aansoek doen, moet die volgende dokumente in 'n geseëlde koevert by die Windhoek-munisipaliteit se hoofkantoor afgee:
• Bewys van registrasie of bewys van toelating tot 'n tersiêre instansie
• Gesertifiseerde afskrif van graad 12-resultate/laaste akademiese rekord
• Gesertifiseerde afskrif van geboortesertifikaat/Namibiese ID
• Gesertifiseerde afskrif van ouers se ID/doodsertifikaat
• Bewys van laaste uitstaande balans aan tersiêre instansie
• Bewys van ouers se inkomste/polisieverklaring in gevalle van werkloosheid
• Bewys van adres

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie