CoW N$255 miljoen armer weens kwessie oor informele nedersettings
‘Trae munisipaliteit’ frustreer ministerie
Die geld wat uit Stad Windhoek se begroting vir die opgradering van informele nedersettings geneem is, sal na meer 'ontvanklike' munisipaliteite herlei word.
Nikanor Nangolo
Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Sankwasa James Sankwasa, het Stad Windhoek (CoW) se toekenning van N$750 miljoen vir die opgradering van informele nedersettings met N$255 miljoen gesny, met verwysing na die munisipaliteit se beweerde gebrek aan samewerking en traagheid.
Die 34%-verlaging van die oorspronklike toekenning sal na “ontvanklike” plaaslike owerhede elders gekanaliseer word, het die ministerie aan Network Media Hub (NMH) gesê.
Die stap volg op ’n vergadering op 18 Augustus onder voorsitterskap van Sankwasa, wat onlangs gesê het hy het oorweeg om stadsraadslede te herroep weens volgehoue wanprestasie.
Die uitvoerende direkteur van die ministerie, Wilhelmine Shivute, het die besluit bevestig, maar nie gespesifiseer watter plaaslike owerhede die herleide fondse sal ontvang nie.
“Hy [Sankwasa] het die raad verder versoek om seker te maak dat die ministerie hul implementeringsplan vir informele nedersettings vir die oorblywende N$495 miljoen teen 22 Augustus 2025 ontvang. Dit is tot dusver nog nie deur die raad gedoen nie,” het Shivute aan NMH gesê.
Sy het gemaan die oorblywende fondse kan verbeur word indien die sperdatums misgeloop word, gegewe beperkte fiskale ruimte. BURGEMEESTER
Die burgemeester, Ndeshihafela Larandja, het ontken dat die N$750 miljoen ooit aan die munisipaliteit beskikbaar gestel is.
“Die voorwaardes wat daaraan verbonde is, is nooit realisties nie en sal glad nie realisties wees nie. En ons wil nie hê dit moet aan die publiek bekend gemaak word nie.
“Daar is ’n paar dinge – daar is altyd professionele geheimhouding. En ons wou dit as professionele geheimhouding behou,” het sy aan NMH gesê.
’n Ministeriële brief gedateer 30 Mei 2025 bevestig egter die toekenning wat geoormerk is om erwe in Samora Machel, Khomasdal, Tobias Hainyeko, Moses //Garoeb en Groot Aub te diens, sowel as vir dievoorsiening van water en elektrisiteit.
CoW moet 1 250 gedienste erwe teen 28 Februarie 2026 lewer, met 60% van die werk wat teen Vrydag 12 September 2025 voltooi moet wees. Ander verpligtinge het 250 gemeenskaplike toilette, die formalisering van ten minste 16 informele nedersettings en die diens van grond teen N$50 000 per erf ingesluit.
SWAK BYWONING
Volgens Shivute het die munisipaliteit versuim om die geskeduleerde maandelikse vergaderings op 18 Junie, 16 Julie en 20 Augustus by te woon.
“Die ministerie het ook opvolgbriewe gedateer 13 Junie en 16 Julie geskryf, waarop ons nog op reaksie wag,” het sy gesê.
’n Brief is ook op 19 Augustus aan CoW se uitvoerende hoof, Moses Matyayi, gestuur, maar geen reaksie is ontvang nie.
Sy het beklemtoon die munisipaliteit is lank reeds bewus daarvan dat fondse slegs uitbetaal word ná die indiening van fakture en prestasie, soos met ander deelnemende munisipaliteite soos Walvisbaai, Keetmanshoop, Oshakati en Rundu.
Larandja het die tydsberekening van die toekenning bevraagteken.
“Dit is die [verkiesings]veldtogjaar, en as ek na die maand kyk toe daardie sperdatum gegee is, is dit voor die verkiesing.
“Ons wil dus nie die waarheid bekend maak nie. Ons respekteer ons ministerie. Ons respekteer ons regering,” het sy gesê.
Oor dienslewering het sy aangevoer die opgradering van informele nedersettings moet nie as ’n noodgeval beskou word nie.
“Wanneer jy iets as ’n noodgeval hanteer, omseil jy sekere prosesse. In die toekoms sal hierdie infrastruktuur ’n probleem vir CoW word. Hierdie arm mense sal weer die gevolge dra,” het sy gesê.
GOEWERNEUR
Die goewerneur van die Khomasstreek, Sam Nujoma, het ook sy mening gelug en op 19 Augustus aan Larandja geskryf ná ’n vergadering met Sankwasa.
“Dis duidelik dat Stad Windhoek versuim het om te reageer op die voldoeningsriglyne wat deur die lynministerie uitgereik is,” het Nujoma opgemerk.
Hy het aangedring op duidelikheid oor hoe CoW beplan om die voltooiingskoers van 60% teen die September-sperdatum te bereik en gewaarsku dat die verbeuring van fondse wat bestem is om lewensomstandighede in informele nedersettings te verbeter, “onaanvaarbaar” is.
Larandja het gesinspeel op ’n gespanne dooiepunt met die regering.
“Ons wil nie die ministerie in die skande steek nie. Ons wil nie die goewerneur in die skande steek nie. Ons het reaksies waarop ons nie wil ingaan nie,” het sy gesê.
“Maar as ons in ’n hoek gedryf word, gaan ons dit doen. Dis baie, baie sensitiewe inligting wat ons kan aanbied, waar ons die ministerie adviseer. Mense sal hoop verloor,” het sy bygevoeg.
Matyayi wou nie kommentaar lewer nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie