CoW gooi flikkers na ECB
Vra vir ’n kragverhoging van 10,3% vir hoofstad
Windhoekers kan nog tot volgende week hul skriftelike insette aan die Elektrisiteitsbeheerraad stuur voor 'n besluit teen einde vandeesmaand geneem word.
Die munisipaliteit van Windhoek stel voor dat kragtariewe met 10,3% verhoog moet word.
Krag in die hoofstad sal van N$2,75 per eenheid tot N$3,03 per eenheid styg, indien dié verhoging goedgekeur word.
Die hoof van Stad Windhoek (CoW) se elektrisiteitsdepartement, O’Brien Hekandjo, het dit tydens ’n openbare voorleggings, die laaste in ’n reeks wat deur die Elektrisiteitsbeheerraad (ECB) gereël is, bekendgemaak.
Die voorleggings het sedert Mei in Katima Mulilo, Rundu, Oshakati, Ondangwa, Opuwo , Otjiwarongo, Swakopmund en Keetmanshoop plaasgevind.
Soos met die hoofstad, is die voorgestelde tariefverhogings nou by die ECB vir oorweging, goedkeuring en magtiging
Windhoekers het tot Donderdag 13 Junie tyd om skriftelike insette aan [email protected] te stuur voor die raad teen einde vandeesmaand ’n besluit neem, en die hoofstad se munisipaliteit die nuwe tarief op 1 Julie aankondig en toepas.
By die geleentheid by NamPower se konferensiesentrum het Iyaloo Andre, die ECB se ekonomiese ontleder van regulasies, uitgebrei oor hoe die tarief saamgestel word.
Dit terwyl die uitvoerende hoof vir markregulering, Pinehas Mutota, gesê het Namibiese huishoudings bestee gemiddeld 7% van hul maandelikse inkomste aan krag, vergeleke met ’n wêreldwye maatstaf dat meer as 10% onbekostigbaar is.
“Uiteindelik soek ons die goedkoopste elektrisiteit, maar op ’n volhoubare manier. Ons soek nie eilande van oorvloed in ’n see van armoede nie,” sê hy.
Hekandjo sê die hoofstad is ook toegewyd tot volhoubaarheid om inwoners se lewensgehalte te verbeter, en soek die balans om nie daardeur ’n las vir die verbruiker te word nie.
Windhoek se vraag na krag vir sy sowat 70 000 inwoners is die grootste onder NamPower se kliënte, teen 896 GWH, en piek teen 174 MW, brei hy uit.
Die hoofstad geniet ook 39,5 MW wat deur sonkragaankope voorsien word, hoewel sowat 8,4% van elektrisiteit in die plaaslike kragnetwerk verlore gaan.
Volgens Hekandjo word Windhoek se tarief grootliks deur NamPower se tarief beïnvloed, wat tot 78% van die koste vir kragaankope in die hoofstad uitmaak.
’n Klein gedeelte van die voorgestelde prysverhoging is om vir bykomende personeel te betaal aangesien die elektrisiteitsafdeling onderbeman is, veral na die uitbreiding van Windhoek se grense en dienste na Groot Aub, Brakwater en ander omliggende plekke, sê hy.
Oor die algemeen probeer die munisipaliteit om elektrisiteitskoste te verlaag deur die gebruik van hernubare energie aan te moedig en die aankoop van sonkrag op private huisdakke te vergemaklik, sê hy.
Windhoek is in die proses om die tender vir ’n nuwe 25 MW-sonkragaanleg toe te ken, sê hy.
Daarmee saam sal sonkrag van minder as 20% van die stad se vraag tot nader aan die toelaatbare 30% groei, voeg hy by
Mutota sê die nuwe sonkragaanleg is ’n reusegeleentheid vir die CoW, net soos NamPower se nuwe Otjikoto-biomassakragstasie dalk goedkoper hernubare energiebronne vir Namibië kan verwelkom.
“Ons sal nie nuwe kragstasies toelaat wat duurder krag verskaf nie,” sê hy met inagneming van die ECB se standpunt dat die kragmark in Namibië nou verspreiders toelaat om krag van ander bronne as NamPower te koop, en Namibiese deelname bevorder.
“Op die einde van die dag sien ons ook uit na krag vanaf goedkoper bronne,” sê hy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie