Comic Con Africa 2025: Die beste werksdae van my lewe
The Movie Guy
Ek kan nie glo Comic Con Africa (CCA) is verby nie!
Dit was die beste een tot dusver, en vier dae vol pret wat gevoel het soos die beste werksdae van my lewe! Dit was alles waarvoor ek gehoop het en meer.
Vanjaar het ek regtig gevoel ek het uit my dop gekruip, buite my gemaksone beweeg en die meeste van die geleenthede gemaak. As ek terugdink aan Comic Con Kaapstad vroeër vanjaar, het ek net omtrent vier onderhoude met feesgangers gevoer.
By CCA het ek meer as tien onderhoude gevoer, plus een baie spesiale een waaroor ek later meer uitbrei. Ek het met kunstenaars, “Con”-gangers en eienaars van ’n paar werklik ongelooflike stalletjies gesels en verskeie paneelbesprekings bygewoon om die meeste uit ’n paar dae te kry.
Ek het ook al die aktiwiteite probeer, selfs dié wat ek normaalweg sou vermy. Ek kan daarom met alle eerlikheid sê dié Comic Con was vir my oor selfontdekking en om dapperder te wees in my strewe om ’n beter vermaakjoernalis en inhoudskepper te word.
Dag een het ek eers op die aktiwiteite gefokus en om vriende te sien. Die Disney-, Kellogg’s, en Axe-aktiverings was groot pret, en ek sê nooit “nee” vir gratis geskenkies nie. Ek het met ’n paar vriende by hul stalletjies gesels om die wonderlike produkte wat hulle verkoop, te bemark.
Dag twee was die fokus net op internasionale gaste en het ek deur vier ure se paneelbesprekings gesit en was nie spyt oor een minuut nie. Om meer oor die film- en televisiebedryf te leer, is mos hoekom ek daar was en Dan Fogler, Jessie T. Usher en Misha Collins het ongelooflike insigte gedeel.
Die derde dag was stresvol, want buiten die bywoning van die besprekings, moes ek voorberei vir wat ek dink die grootste onderhoud van my loopbaan tot dusver was.
Ek het die kans gehad om vir ’n paar minute met Misha Collins, bekend vir sy rolle in Supernatural en Gotham Knights, oor sy werk en sommer oor alles te gesels. Dit was nie net my eerste onderhoud met ’n internasionale ster nie, maar ook my eerste video-onderhoud met iemand wat ek bewonder.
Die laaste dag het ek by die kunstenaars gaan kuier, wat altyd een van die hoogtepunte is. Ek hou daarvan om te sien hoe mense hul gawes gebruik om hulself uit te druk.
Daar is ook tyd gemaak om fliekkaartjies weg te gee, want ek wou nie hê Comic Con moes net vir my spesiaal wees nie, ek wou ook iets teruggee aan dié wat my werk ondersteun.
Die hoogtepunt was beslis die onderhoud met Misha Collins, ook om nuwe vriende te maak en met mense te kon gesels. Om Comic Con by te woon het my nie net gedwing om nuwe dinge te probeer nie, maar dit het ook soos ’n stap vorentoe in my loopbaan gevoel.
Dit sou nie moontlik gewees het sonder almal wat my video’s en plasings kyk en deel nie. Baie dankie aan Shivek, Jaundre, Khethiwe, Jean-Luc, George, Anuska, Devin, Rayno, Christie, Ruan, my ouers, ALD Solutions en CineCentre vir hul ondersteuning.
Volg my op Instagram by
themovieguy.nam en kyk na my onderhoud met Misha Collins op https://www.youtube.com/@themovieguy_nam/.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie