Bon appétit, Duitsland
Brigitte Weidlich
Sappige Namibiese beesvleis sal van hierdie naweek af op die spyskaart van verskeie kettingrestaurante in Duitsland pryk.
Die Namibiese raad vir die bevordering van beleggings en ontwikkeling (NIPDB) het dié nuus op hul sosialemediaplatforms gedeel.
Die maatskappy, Eugen Block Holding GmbH, die eienaars van verskeie kettingrestaurante – insluitend die Block House-kettingrestaurant en ander Europese handelsmerke soos Jim Block en Grand Elysée Hamburg – sal dalk binnekort Namibiese steaks in hul kombuise braai.
“Die eksklusiewe Namibiese beesvleisveldtog begin amptelik op 20 September in Block House-steakrestaurante oraloor Duitsland,” het NIPDB op sy LinkedIn-platform gesê.
Of die uitvoerende hoof van NIPDB, Nangula Uaandja, self môre van die eerste Namibiese steaks in Hamburg sal proe, is nog onbekend.
“Hierdie mylpaal is die resultaat van twee en ’n half jaar se ondersteuning van NIPDB in noue samewerking met Valentin Külbs en verskeie rolspelers in die Namibiese beeswaardeketting,” het NIPDB gesê.
Külbs is ’n Namibiër wat die uitvoermaatskappy South Trade gestig het en tans bestuur. Die maatskappy voer al jare lank verskeie landbouprodukte – insluitend beesvleis – van Namibië na Duitsland uit. Sy broer bestuur die familieplaas wat sedert die 1950’s in die besit van die Külbs-familie is.– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie