Bly dié naweek warm met hartsklanke

Omgeeklanke vir onderwys
Ondersteun onderwys in Namibië deur vandag en môre by die African Child Development Trust (ACDT) se Sounds of Caring-konsert by WHS se Vegkop-stadion aan te sluit waar die Suid-Afrikaanse sanger Adam Tas vanaand saam met Namibië se Vaughn Ahrens op die verhoog sal wees, en môre saam met die immergewilde Riaan Smit.

Die hekke maak vandag om 16:00 oop, terwyl jy genooi word om môre vanaf 10:00 te kom kyk hoe maatskappye mekaar om die potjie­kosvure die stryd aansê terwyl Nova 103.5 se klanke sal sorg vir ’n ontspanne atmosfeer vir alle feesgangers.

Heerlike disse – van pizzas en braaivleis tot kapana en kiosk-lekkernye en drankies – sal deurgaans te koop wees.

Kry jou kaartjie vooraf teen N$200 by https://eticket.my.na/ of vir N$250 by die hekke.

Die opbrengs gaan aan die ACDT.

Kommentaar

Republikein 2025-08-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer