Bevolkingstatistieke op streekvlak ontleed
NSA stel syfers beskikbaar
Die meeste mense woon in die Rundu Stedelike-kiesafdeling terwyl Okatyali die minste inwoners het.
Die 2023 bevolkings- en behuisingsensus se streek-vir-streek-ontleding wat vandeesweek deur die Namibiese Statistiekagentskap (NSA) vrygestel is, het bevestig dat Rundu Stedelik die kiesafdeling met die meeste inwoners in Namibië is.
Windhoek se Samora Machel-kiesafdeling is tweede, gevolg deur die kiesafdelings Swakopmund, Moses //Garoeb in Windhoek, Khomasdal, Tobias Hainyeko en Windhoek-Wes in die sewende plek.
In teenstelling hiermee het die Okatyali-kiesafdeling in die Oshanastreek die kleinste bevolking, gevolg deur die kiesafdelings Ompundja, Uuvudhiya, Daweb en Mankumpi.
Die bekendstelling is op Keetmanshoop gemaak, waar die ||Kharas-streekraad en die streek se goewerneur, Dawid Gertze, amptelik die statistiese ontleding met betrekking tot hul streek ontvang het.
Die NSA beplan om die res van die ontledings gedurende vandeesmaand, tot 26 September 2025, aan die res van die streke te oorhandig. Volgens die NSA se vrystelling dui die resultate op beduidende variasie in bevolkingsgrootte tussen kiesafdelings.
“Die 20 digsbevolkte kiesafdelings maak saam byna 40% van die nasionale bevolking uit, terwyl die 20 kiesafdelings met die minste inwoners ongeveer 5,6% uitmaak.
“Dit beklemtoon die ongelyke verspreiding van die bevolking oor Namibië,” volgens die statistikus-generaal, Alex Shimuafeni.
RUNDU STEDELIK
Volgens die jongste inligting het die bevolking van die Rundu Stedelike-kiesafdeling van 63 431 in 2011 tot 118 632 gegroei.
Die bevolkingsdigtheid het ook oor dieselfde tydperk toegeneem van effens meer as 407 mense per vierkante kilometer tot 761,4 mense per vierkante kilometer, volgens NSA-statistieke.
Die syfers bied interessante insigte in die stedelike bevolking van Rundu, soos die afname in die persentasie getroude mense in die dorp, van 40,7% in 2011, tot 29,6% van die bevolking ouer as 15 jaar.
Die syfers toon ook vordering in terme van ontwikkeling, met 46,4% van inwoners wat nou hul eie selfone besit en 27,9% wat toegang tot die internet het.
Verder het 52% van die huise in Rundu Stedelik nou spoeltoilette. Die aantal private huishoudings het egter verdubbel tot 22 879 in 2023, vergeleke met 11 100 in 2011. Die persentasie van hierdie huishoudings waar vroue die leiding neem, het gestyg van 45,3% in 2011 tot 54,9% in 2023. Een kommerwekkende statistiek dui egter daarop dat die hoofbron van inkomste deur salarisse en lone gedaal het van 45,9% tot 42,8% terwyl pensioenarisse nou die hoofinkomstebron is vir 10,3% van huishoudings in Rundu Stedelik, vergeleke met 7,4% in 2011.
Boerdery was die hoofbron van inkomste vir 9,8% van huishoudings in Rundu Stedelik in 2011, maar die persentasie het tot 3,7% gedaal, terwyl ander besighede as ’n hoofinkomstebron ook van 22,6% tot 14,6% gedaal het.
OKATYALI
As die 4 502 inwoners van die Okatyali-kiesafdeling in Oshana in 2023 (3 187 in 2011) in ag geneem word – die kiesafdeling met die minste inwoners – dui die statistieke daarop dat die bevolkingsdigtheid daar ook toegeneem het, van 5,7 mense per vierkante kilometer in 2011 tot 8,1 in 2023.
Die aantal huishoudings het van 547 in 2011 tot 1 046 in 2023 toegeneem. Net 4% van huishoudings het toegang tot spoeltoilette, teenoor die 1% wat in 2011 aangeteken is. Boerdery is besig om in dié kiesafdeling toe te neem, met 38% van huishoudings wat landbou as hul hoofinkomstebron aangeteken het, vergeleke met slegs 4% in 2011.
Besigheidsinkomste is egter die hoofinkomstebron vir slegs 3,7% in 2023, vergeleke met 9,1% in 2011, terwyl lone en salarisse die hoofbron van inkomste vir 20,7% van huishoudings in 2023 is, vergeleke met 17,6% wat in 2011 aangeteken is.
SAMORA MACHEL
In Windhoek maak Samora Machel se 92 401 inwoners dit die digsbevolkte kiesafdeling in die hoofstad, waar ’n totaal van 494 605 mense in die Khomasstreek woon. In 2011 was Samora Machel se bevolking 49 178.
Intussen het die aantal huishoudings meer as verdubbel, van 13 021 in 2011 tot 28 435 in 2023.
’n Ontleding van elke streek is op die NSA se webwerf by nsa.org.na/publications onder “Regional Profiles” beskikbaar.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie