Ben en Warrior se tog vir geregtigheid
Henriette Lamprecht
’n Jaar en ’n half nadat hy 2 400 km te perd afgelê het om ’n memorandum by die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) se tribunaal in Windhoek te oorhandig, het hy weer opgesaal.
Dié keer pak Ben Freeth, die Zimbabwiese boer en menseregte-aktivis, ’n tog van 350 km vanaf Okahandja en deur die Skedelkuspark tot by Kaap Kruis op ’n wit Appaloosa, Warrior, aan en word onderweg deur verskeie plaaslike perderuiters op sy reis vergesel.
Ben, wat gisteroggend uit Okahandja vertrek het vir die jongste Long Ride to Justice-tog, se motivering is Zimbabwe se behoefte aan geregtigheid en menseregte, wat nou meer as ooit tevore in die land herstel moet word.
“Die mense ly geweldig met die jaarlikse inflasie wat 95% in terme van plaaslike geldeenhede bereik het en die tekort aan mieliemeel as ’n stapelvoedsel wat op byna 50% voorspel word. Hoe kan die mense oorleef,” het hy gevra.
Verlede jaar het hy in sy memorandum gevra dat die tribunaal tot sy volle mag herstel word en het ook ’n gebed op die deur geplak. Geen reaksie is meer as ’n jaar later op sy memorandum ontvang nie, maar hy het die gebed tydens ’n besoek Dinsdag steeds op die deur gevind.
Op sy reis dra hy nege liter water, ’n bietjie biltong, beskuit, droëvrugte, neute en energiestafies saam met hom.
Maar dat hy geweldige ondersteuning van plaaslike gemeenskappe ontvang, dra hom en gee hom ’n diepe vrede, erken Ben.
“Ek kan vannag gaan slaap met die wete dat selfs al is water skaars, sal daar ondersteuning langs die pad wees. Ek weet reeds dat ek en Warrior goed versorg sal word.”
Ben se hoop is om met die jongste roete van Long Ride for Justice mediadekking en bewusmaking te verhoog van die behoefte van SADC-inwoners om weer toegang tot ’n streekhof te kan hê.
Met verwysing na die besluit om die tog by Kaap Kruis te eindig, vertel hy die kruis is 539 jaar gelede in 1486 deur Diogo Cão opgerig en is die derde vroegste simbool van Christus in die hele Suidelike Halfrond.
Hy vertel van Openbaring 19, wat fokus op die wederkoms van Christus, heel aan die einde van die Bybel en voor die groot slag van Armageddon wat hy onlangs saam met sy seun gelees het.
Terwyl hy dit gelees het, het hy “’n verstommende beeld gehad van ’n wit krygerperd en die wit krygerperde daarmee saam en hul ruiters wat die finale geveg ingaan om alle oorlog te beëindig”.
Ben het die volgende dag ’n boodskap van vriende in Namibië ontvang dat hulle Warrior vir hom vir sy plaaslike tog gekies het, “’n mooi wit en baie energieke wit perd met die naam Warrior”.
“Mag hierdie rit vir elkeen van ons tot seën wees en ook vir die breër prentjie van geregtigheid in die hele suidelike Afrika. Mag geregtigheid kom, mag die SADC-tribunaal weer open en mag mense floreer.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie