Ben en Warrior bereik Kaap Kruis
Henriette Lamprecht
Ben Freeth en die wit Appaloosa Warrior het vandeesweek suksesvol hul rit van 350 km vanaf Okahandja deur die Skedelkuspark tot by Kaap Kruis voltooi. Die Zimbabwiese boer en menseregte-aktivis se jongste perdetog volg op sy reis te perd verlede jaar uit Zimbabwe tot by die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) se tribunaal in Windhoek. Toe en nou was die doel om bewusmaking te skep en so te pleit dat die hof tot sy volle mag herstel word. Met sy en Warrior se reis tot by Kaap Kruis, wou Ben ook sodoende geld insamel vir ’n klein landelike skool, ’n gratis saadprojek vir arm gesinne en om opleidingskursusse in landbou en bewaring aan te bied in Zimbabwe wat uiterste nood en honger ervaar.
Die kruis het nog altyd groot betekenis vir so baie mense ingehou, sê Ben.
“Dit was ’n simbool van aaklige marteling en dood en het sedertdien hierdie wonderlike simbool van redding, lewe en vryheid geword.”
Die kruis waar hy sy jongste bedevaart sou eindig, was die eerste simbool om in die suidelike halfrond deur ’n Europeër opgerig te word, die Portugeuse kaptein Diogo Cao en staan reeds vir 540 jaar hier, vertel Ben. Hy verwys ook na verskeie simboliek en aanhalings in die Bybel van ’n wit perd en die kruis.
“Die ruiter van die wit perd in die boek van Openbaring is dieselfde een wat op ’n donkie Jerusalem binne gegaan het en Hom na Sy dood op die kruis gelei het as die ‘Paaslam’. Sonde en dood is deur die kruis uitgewis,” sê Ben. In Openbaring 19 sê hy is die verwysing na Jesus wat op ’n wit oorlogsperd ry, ’n simbool van mag en krag en die vegtersgees.
“Elkeen van ons moet die kruis en die verlossende lewenskrag wat dit in ons blaas, verstaan as ons saam met Hom wil ry en nie aan die verkeerde kant vasgevang wil word nie. Die Paaslam is daarvoor geslag. Die kruis is die enigste manier. Om die rit na die Atlantiese Oseaan by die kruis te voltooi, was dus ’n baie spesiale ding,” sê Ben.
Hy beplan reeds sy laaste rit te perd oor die SADC-streek en Afrika na die Indiese Oseaan en hoop om by Sofala te eindig.
Laasgenoemde is die eerste Europese geboue - ’n kapel en ’n fort - wat in die Suidelike Halfrond gebou is.
“Dit was die eerste Christelike gebou in die hele suidelike vasteland. Dit is ongelukkig deur die see oorgeneem, maar ek beoog om steeds daar te eindig.”- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie