‘Belastingsbetalers se geld so gemors’
Staatsvoertuie verkoop met 120 000 km op die klok
Vir Baie Belangrike Persone (BBP's) is die limiet weens veiligheidsoorwegings aanvaarbaar, maar dit kan vir onder meer polisievoertuie tot 200 0000 km verhoog word.
Om van staatsvoertuie ingesluit ambulanse ontslae te raak ná net 120 000 kilometer, is ’n mors van belastingbetalers se geld. Verskeie parlementslede het hul misnoeë hieroor uitgespreek nadat die minister van werke en vervoer Veikko Nekundi “beslissende stappe” vir die sistematiese verwydering van voertuie in sy ministerie aangekondig het wat die einde van hul operasionele lewensduur en ekonomiese lewensvatbaarheid bereik het.
Volgens Nekundi is 1 500 voertuie geïdentifiseer wat die toelaatbare 120 000 kilometer of vyf jaar oorskry het. Inkomste uit die verkoop van die geraakte voertuie sal volgens hom gebruik word om die regeringsvloot aan te vul. Buiten vir die 1 500 voertuie is 306 ook identifiseer wat in so mate beskadig is dat dit nie ekonomies herstel kan word nie, terwyl ander hul meganiese lewensduur bereik het. Die betrokke voertuie is tussen 16 Junie en 3 September 2025 opgeveil en het N$24 miljoen vir die staat genereer.
Die leier van die Popular Democratic Movement (PDM) McHenry Venaani het die beleid summier verwerp en gesê “julle het persoonlike motors wat ouer as 10 jaar is, met meer as 400 000 tot 500 000 kilometer op die klok, en hulle loop steeds”.
“Vir ’n regering wat toesig hou oor mense wat honger is, is dit onredelik om te sê dat ’n Land Cruiser slegs tot 120 000 kilometer kan ry. Ek het ’n Land Cruiser gehad wat 560 000 kilometer sonder ’n enkele olielek afgelê het. Vir die regering om aan te dring, soos ’n ryk regering in Nieu-Seeland of Spanje, dat ons voertuie slegs tot 120 000 kilometer moet ry, terwyl ons skole sukkel en ons kinders onder bome sit, is nie ’n goed deurdagte beleid nie,” het Venaani gesê. Hy het Nekundi aangemoedig om as nuwe minister eerder kategorieë vir die regeringsvloot te skep.
Vir Baie Belangrike Persone (BBP’s) is die limiet van 120 000 kilometer volgens Venaani weens veiligheidsoorwegings aanvaarbaar, maar kan die limiet vir onder meer polisievoertuie tot 200 0000 km verhoog word.
Die parlementslid Nelson Kalangula het verwys na die regeringsvloot wat meestal uit Toyota’s bestaan wat volgens hom “maklik” tot 500 000 km kan ry.
“Ons verstaan die veiligheidsaspek, maar dit is onregverdig teenoor die mense wat ons verteenwoordig. Dit is nie die manier hoe ons moet regeer nie, nog minder die manier om die mense te verteenwoordig wat vir ons gestem het,” het Kalangula gesê.
Die leier van die Landless People’s Movement (LPM) Bernadus Swartbooi het op sy beurt beamptes van die staatsgarage daarvan beskuldig dat hulle die stelsel misbruik.
“Sommige van die beamptes gebruik luukse 4x4 V8 dubbelkajuit Land Cruisers jagtogte, terwyl daar nie voertuie vir noodsaaklike regeringsaktiwiteite beskikbaar is nie,” het Swartbooi gesê. Hy het beaam dat kategorieë moet bepaal watter regeringsdepartemente onder die beleid van 120 000 km geprioritiseer moet word. Swartbooi het ook verwys na gevalle waar elektroniese of rekenaarbokse bewustelik verwyder word om die waarde van ’n voertuig te verminder voordat dit opgeveil word.
Nekundi het op sy beurt erken dat die beleid verourderd is en dat die betrokke departement reeds besig is om opsies vir gebruik en tegnologie te ontleed wat omvattend aangespreek sal word. Tans kan daar volgens die minister nie te veel van die bestaande beleid afgewyk word nie.
Nekundi het verwys na die omvattende gebruik van staatsvoertuie en gesê sommige is baie gebruik.
“Teen die tyd wat ons na onderhoudskoste kyk, het ons in ses maande reeds meer as N$20 000 spandeer op ’n voertuig waarvan die waarde net sowat N$100 000 is. Uit die 1 500 voertuie waarna ek verwys het, het die meerderheid sowat 500 000 km afgelê en is baie 2011-modelle,” het Nekundi verduidelik. ’n Besluit is ná ’n koste-voordeel-analise geneem om van die voertuie van die hand te sit, met die eerste 306 voertuie wat óf betrokke by ongelukke was óf herstelwerk benodig het wat hul ekonomiese waarde oorskry het. Sommige was nie in ongelukke betrokke nie, maar die herstelkoste was steeds te hoog om te regverdig.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie