Austin Elindi in die hospitaal
Rita Kakelo
Een van die Namcor-Enercon-beskuldigdes Austin Elindi is volgens sy prokureur verlede week in die Lady Pohamba Privaat Hospitaal opgeneem.
Staatsaanklaer Basson Lilungwe het landdros Jurina Hochobes in kennis gestel dat die seun van medebeskuldigde Peter Elindi nie in die Windhoek-landdroshof vir sy geskeduleerde borgtogaansoek kon verskyn nie, weens die feit dat hy in die hospitaal opgeneem is.
Austin, saam met medebeskuldigdes Cornelius (Cedric) Willemse en Panduleni Hamukwaya, die man van die voormalige finansiële hoof van Namcor, Jennifer Hamukwaya, sal na verwagting weer op 25 Augustus in die hof verskyn.
Austin se prokureur, Karel Gaeb, het gesê hy het ‘n doktersbrief ontvang, maar het geen verdere besonderhede oor sy kliënt se mediese toestand gehad nie. Hoewel hy onseker is of Austin se borgtogaansoek sal voortgaan, het hy gesê dit behoort nie vir Willemse en die ander beskuldigdes te verhinder om op 25 Augustus hul aansoek voort te sit nie. Boris Isaacks verteenwoordig Willemse. Panduleni was ook Donderdag afwesig.
Lilungwe het gesê hy het geen kommunikasie van Panduleni se regsverteenwoordigers ontvang oor hoe hulle van plan is om met sy borgtogaansoek voort te gaan nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie