Aus spog in haar mooiste blomrok
Aus en die omliggende omgewing is na die laatreëns wat die suide van die land in Junie geseën het, in tapyte van geel tot rooi tot helderpienk getooi, soos die veld haar mooiste blomrok aantrek. Volgens Piet Swiegers, die man agter die kamera en inwoner, is die verwagting dat die plate blomme in die volgende twee tot drie weke volle wasdom sal bereik en nog mooier gaan lyk.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie