AU steun veldtog teen ‘verwronge’ wêreldkaart
Aarde kan nie akkuraat op papier geteken word nie
Voorspraakmakers hoop om die klassieke kaart, wat in die 16de eeu ontwerp is, te vervang.
Die Afrika-Unie (AU) het onlangs sy steun te kenne gegee vir ’n veldtog wat die tradisionele wêreldkaart verwerp.
Die Correct the Map-veldtog word gelei deur die belangegroepe Africa No Filter en Speak Up Africa en het ten doel om die gebruik van die Mercator-beeld (Mercator projection) onder regerings en internasionale organisasies hok te slaan.
Dié groepe stel voor die Equal Earth-beeld word gebruik vanweë sy meer akkurate uitbeelding van vastelande se proporsies.
“Dit mag dalk blyk om net ’n kaart te wees, maar in werklikheid is dit nie,” het die AU se adjunkvoorsitter, Selma Malika Haddadi, aan internasionale media gesê.
Sy meen die Mercator-kaart skep ’n wanindruk dat Afrika “onbeduidend” is en dat die gebruik van hierdie kaart onderwys, die media en beleide beïnvloed.
Africa No Filter se uitvoerende direkteur, Moky Makura, het aan internasionale nuusagentskappe gesê: “Dis die wêreld se grootste en langste waninligtingveldtog en dit moet eenvoudig eindig.”
Die kwessie van wêreldkaarte en die tekortkominge van verskillende weergawes is oorspronklik in 1827 deur die wiskundige, sterrekundige en fisikus Carl Friedrich Gauss in sy Theorema Egregium neergepen.
In hierdie teorie bewys Gauss dat ’n sfeer se oppervlak nie op ’n plat oppervlak uitgebeeld kan word sonder om iets te vervorm nie.
MERCATOR
Die Mercator-weergawe van die wêreldkaart is in 1569 deur Gerardus Mercator ontwikkel en was nuttig vir seevaarders omdat dit hoeke akkuraat gehou het en geteken is met belangrike skeepvaartroetes van die tyd in gedagte.
In hierdie proses is loksodroomlyne (rhumb lines) as reguit lyne geteken en daarom stel die Mercator-kaart die groottes van vastelande verkeerd voor.
Kritiek op die Mercator-kaart bestaan al jare reeds in kartografie omdat dit landmassas nader aan die pole groter laat vertoon as wat hulle werklik is en landmassas in die middel (naby die ewenaar), soos Afrika en Suid-Amerika, kleiner laat vertoon.
Op die Goldberg-Gott-skaal behaal die Mercator-beeld ’n telling van 8,296. Die doel hier is om so na as moontlik aan 0,0 te kom, aangesien 0,0 ’n sfeer op hierdie skaal verteenwoordig.
GOLDBERG EN GOTT
In 2007 het David Goldberg en Richard Gott ’n stelsel ontwikkel om die verskillende maniere wat kaarte verdraai kan word, ’n punt voor te gee. Hierdie stelsel neem ses algemene eienskappe van hierdie verskynsel in ag: Plaaslike vorms, gebiede, afstande, buigings, skeefheid (ongelykheid) en grensnitte (gapings in kontinuïteit).
Hulle het ook ’n kaart saam met Robert Vanderbei ontwikkel wat volgens hul eie stelsel die beste en akkuraatste kaart is met 0,881.
GALL-PETERS
In 1855 het die Skotse predikant James Gall sy kaart, saam met twee ander beelde, by ’n vergadering van die Britse vereniging vir die bevordering van wetenskap in Glasgow voorgelê.
Hy het hierdie kaart “ortografies” genoem en dit amptelik in 1885 in die Scottish Geographical Magazine gepubliseer. Die kaart dui op die ortografiese uitbeelding deurdat afstande tussen parallelle konstant is.
Die Duitse historikus, Arno Peters, het in 1967 begin praat oor ’n nuwe wêreldkaart wat die tekortkominge van Mercator se kaart kon takel. Hy het sy kaart, die Peters-kaart, tydens ’n mediakonferensie in Mei 1973 begin bevorder.
Oxford se kartograwe beskryf hierdie kaart soos volg: “Terwyl die Peters-beeldkaart voortreflik is in sy uitbeelding van proporsies en groottes, gaan die belangrikheid daarvan veel verder as vrae oor kartografiese akkuraatheid – dit daag ons siening van die wêreld uit.”
Peters se oorspronklike beskrywing van sy kaart het ’n geometriese fout bevat wat standaardparallelle van 46°02’ N/S geïmpliseer het, indien dit letterlik geïnterpreteer word. Die teks wat die beskrywing vergesel, het dit egter duidelik gestel dat die standaardparallelle 45° N/S moet wees.
Wanneer Peters se geskrewe stuk in ag geneem en op sy kaart toegepas word, is hierdie uitbeelding identies aan Gall s’n. Die Gall-Peters-kaart is bekend daarvoor dat dit nie landmassas wanvoorstel nie.
EQUAL EARTH
Die Equal Earth-kaart, waarvoor belangegroepe druk uitoefen, is in 2018 deur Bojan Šavric, Bernhard Jenny en Tom Patterson uitgevind.
Hierdie kaart is soortgelyk aan die Robinson-beeld wat deur Arthur Robinson in 1963 geskep is om as ’n kompromie te dien in die kwessies van gelyke oppervlaktes (equal-area) en om die hele aarde saam in een beeld te wys.
Die Robinson-kaart is nie ’n kaart van gelyke oppervlaktes (soos Gall-Peters) of ooreenstemmend (soos Mercator) nie. Robinson het beide hierdie aansprake verwerp om ’n ooreenstemmige kaart te skep. Die Equal Earth-kaart trek egter steeds skeef by die pole, maar dit verminder soos die kaart weg van die pole beweeg.
VOOROORDEEL
Global Citizen se bestuurder vir kommunikasie by Global Citizen, James Hitchings-Hales, meen dat vastelande soos Afrika onder ’n vooroordeel ly weens die wydverspreide gebruik van die Mercator-beeld.
“Die Mercator-beeld oordryf verouderde imperialistiese mag geweldig, ten koste van ontwikkelende lande en vastelande soos Afrika wat tot minderwaardigheid gekrimp het.
“Daar is ’n rede waarom die Noordelike Halfronde met rykdom en belang geassosieer word – dit is omdat dit letterlik heel bo is, permanent in ons onderbewussyn geëts as die meerdere sedert ons vroegste ontmoetings met leer,” skryf hy.
Google Maps het sy rekenaarweergawe in 2018 van die Mercator-beeld na ’n driedimensionele aardbol oorgeskakel, maar gebruikers kan dit terugverander. Die Mercator-beeld word egter steeds op hul toep vir selfone gebruik.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie