Die moordbeskuldigdes mnre. Marcus Thomas (links) en Kevan Townsend. Foto Argief
Die moordbeskuldigdes mnre. Marcus Thomas (links) en Kevan Townsend. Foto Argief

Amerikaners steel glo bewysstuk

Inspekteur steeds in getuienisbank
Die inspekteur beweer dat 'n notaboek uit sy kantoor weggeraak het en dat uitgeskeurde bladsye by die beskuldigdes gevind is.
Kristien Kruger
Kristien Kruger

’n Getuie het gister in die Heckmair-saak, waarin mnre. Marcus Thomas en Kevan Townsend op moord teregstaan, getuig dat die beskuldigdes ’n notaboek uit sy kantoor gesteel en papiere daaruit geskeur het.

Inspekteur Felix Ndikoma was gister vir die vierde ­agtereenvolgende dag in die getuienisbank en het getuig oor ’n notaboek wat die polisie op 9 Januarie 2011, twee dae ná die moord op mnr. André Heckmair, in die be­skuldigdes se kamer by ’n gastehuis op beslag gelê het.

Ndikoma het die swart, A5-ringband notaboek ná die beslaglegging in sy kantoor gestoor.

Hy het getuig dat die beskuldigdes die week ná hul inhegtenisname na sy kantoor gekom het om van hul klere en persoonlike besittings uit hul bagasie te haal wat in die kamer agtergebly het en in Ndikoma se kantoor gestoor was.

Nadat hulle sy kantoor verlaat het, was die notaboek weg, volgens Ndikoma.

WEL KOPIEË GEMAAK

’n Paar dae later is een van die be­skuldigdes met ’n papier in die tronk gevind wat gelyk het of dit uit ’n boek geskeur is.

Ndikoma het getuig dat hy die notaboek op 14 Januarie 2011 teruggekry het, maar hy kon sien dat bladsye uit die boek geskeur is.

Volgens sy getuienis het hy wel kopieë van die hele notaboek gemaak voordat dit weggeraak het.

Ndikoma het nie oor die inhoud van die notaboek getuig nie, maar na bewering bevat dit name van Heckmair se familie, adresse en wapeninligting. Dit moet egter nog bevestig word.

Hy sal vandag sy hoofgetuienis hervat waarna die verdediging geleentheid sal kry vir kruisondervraging.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Loading... Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Loading...