James Uerikua, die goewerneur van die Otjozondjupastreek. Foto argief
James Uerikua, die goewerneur van die Otjozondjupastreek. Foto argief

Agt polisiestasies in Otjozondjupa sonder voertuie

Erge veediefstal in streek
Die streek se goewerneur sê Otjozondjupa is die land se vierde grootste geografiese streek, maar dat tussen 50% en 60% van die polisie se vloot tans buite werking is.
Elvira Hattingh
’n Nypende tekort aan polisievoertuie is een van die uitdagings wat die Otjozondjupastreek se wetstoepassers die hoof moet bied, terwyl die gebied – wat die land se grootste veebevolking huisves – ernstig onder veediefstal deurloop.

Polisiekantore en eenhede vir misdaadondersoeke by Mangetti Duin, Okakarara, Rooidag, Osire, Kalkfeld, Hochfeld, Kombat en Otjiwarongo het geen voertuie nie en moet op naburige polisiekantore staatmaak vir vervoer.

Dit aldus James Uerikua, die goewerneur van dié streek, wat onlangs sy streekrede vir die 2022-’23-boekjaar op Otjiwarongo gelewer het.

Hy sê die streek is die land se vierde grootste geografiese streek, maar dat tussen 50% en 60% van die polisie se vloot tans buite werking is – weens ongelukke of ander meganiese probleme.

“Om hierdie rede kan die streek se polisie nie altyd op misdaadtonele of elders, waar hulle dringend benodig word, wees nie. Ek doen dus ’n beroep op die streek en die gemeenskap om ons amptenare in uniform halfpad te ontmoet om hulle te help om hul verpligtinge na te kom,” het Uerikua gesê.

ERGE VEEDIEFSTAL

“Otjozondjupa het die meeste vee van al die streke – ook die meeste per kapita. Een van die sleuteluitdagings wat ons in die gesig staar, is die diefstal van beeste.”

Hy het gesê tydens die afgelope boekjaar is sowat N$2, 979 miljoen, ofte wel 289 gesteelde beeste, asook 13 geslagte beeste en gedroogde vleis in die streek aangemeld. Daarbenewens is 396 stuks kleinvee ter waarde van sowat N$605 000 gesteel, terwyl die streek se polisie sowat 46 verdagtes vir wilddiefstal aangekeer het.

“Ek wil wetsoortreders in die streek waarsku – daar is nêrens waar jy kan wegkruip nie. Die lang arm van die gereg sal jou inhaal,” het die goewerneur gesê en polisiehoofde, asook hul medewerkers in die streek se sekuriteitsbedryf, bedank vir hul stryd teen dié misdaad.

Uerikua sê buiten dat die Otjozondjupastreek sentraal en strategies geleë is, lê die gebied se ekonomiese krag in sy mynbou-, landbou- en toerisme-bedrywighede.

“Ons is een van die streke met die sterkste bydrae tot die bruto binnelandse produk (GDP) asook die ekonomie,” het hy bygevoeg.

Hy sê die streek huisves tans 796 948 vee en dat die regering besig is om te beplan vir fasiliteite vir plaaslike waardetoevoeging tot die veebedryf.

Die landbousektor is die tweede sterkste bydraer tot die streek se ekonomie, naas mynbou. Hy het verduidelik dat die regering die streek se landbousektor bystaan met verskeie inisiatiewe, wat insluit hulp deur die verskaffing van landboudienste en -toerusting vir die plant van verskeie gewasse, terwyl dit verskeie subsidies bied vir die ontwikkeling van die streek se pluimvee-, tuinbou-, akkerbou- en suiwelbedryf.

MYNBOU

Uerikua sê die streek beskik oor ses myne, en dat dié sektor die afgelope tyd gebuk gegaan het onder afleggings en arbeidsonrus.

Dit is veral van toepassing op die B2Gold- en Okanjande-myn, het hy gesê.

Hy sê dit is vir die regering ’n prioriteit dat werksgeleenthede so ver moontlik beskerm moet word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.92 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.48 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.87 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.49 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76046.88 Down -0.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1692.54 Up +0.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 291.14/OZ DOWN -0.014 | Copper US$ 4.52/lb DOWN -0.0026 | Zinc US$ 2 932.60/T UP 0.72% | Brent Crude Oil US$ 84.15/BBP DOWN -0.0016 | Platinum US$ 957.47/OZ UP +0.21% Sport results: Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Weather: Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.92 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.48 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.87 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.49 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76046.88 Down -0.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1692.54 Up +0.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 291.14/OZ DOWN -0.014 | Copper US$ 4.52/lb DOWN -0.0026 | Zinc US$ 2 932.60/T UP 0.72% | Brent Crude Oil US$ 84.15/BBP DOWN -0.0016 | Platinum US$ 957.47/OZ UP +0.21%