FEMALES ONLY: CRAN leadership under fire over a job advert that excluded male applicants, a move experts warn could breach Namibia’s Constitution and Labour Act.
FEMALES ONLY: CRAN leadership under fire over a job advert that excluded male applicants, a move experts warn could breach Namibia’s Constitution and Labour Act.

Advertensie sluit manlike aansoekers uit

'Onwettig, diskriminerend'
Eliot Ipinge
Die Regulerende Owerheid vir ­Kommunikasie in Namibië (Cran) het onder hewige kritiek deurgeloop nadat ’n vakature gepubliseer is wat manlike aansoekers uitgesluit het – ’n stap wat deur arbeidskenners as ongrondwetlik en in stryd met die arbeidswet beskryf word.

Die advertensie vir die pos van ­spesialis: ICT-stelsels [C4] het ­gespesifiseer dit is vir “slegs vroulike kandidate”. Volgens Cran is dit deel van sy pogings om ­diversiteit te bevorder en meer vroue en meisies aan te moedig om ­loopbane in die ­wetenskap-, ­tegnologie-, ­ingenieurswese- en ­wiskunde (STEM)-velde te volg waar vroulike ­verteenwoordiging steeds laag bly.

Die arbeidskenner Herbert Jauch sê die advertensie is onwettig en diskriminerend. Volgens hom bied die ­Namibiese Grondwet en die arbeidswet geen wetlike basis vir algehele geslagsgebaseerde ­uitsluiting tydens die werwingsfase nie.

Hy het beklemtoon dat hoewel ­regstellende aksie in die wet erken word, die korrekte regsinstrument – ​​die wet op regstellende aksie en indiensneming – werkgewers net toelaat om kandidate uit histories-benadeelde groepe in die finale keuringsfase te verkies.

Kritici is ook bekommerd dat dié praktyke mans benadeel deur struikelblokke vir manlike aansoekers in ’n reeds mededingende arbeidsmark te skep. Hoewel regstellende aksie nodig is, sê kritici die uitsluiting van jong mans loop die risiko om wrok aan te wakker en die ­beginsel van billikheid waarop Namibië se ­arbeidsraamwerk gebou is, te ondermyn.

Regskenners maan die reguleerder staar ’n grondwetlike uitdaging in die gesig, ­aangesien die advertensie glo in stryd is met Namibië se ­gelykheidswette. Cran het nie op ’n versoek vir ­kommentaar ­gereageer nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-09-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer