‘ACDT se boekies bied opvoedkundige grondslag’
Die African Child Development Trust (ACDT) het Vrydag opvoedkundige boekies aan die Ruth Albrecht Rainbow-skool in Windhoek oorhandig as deel van hul landswye veldtog om elke maand 60 000 gratis leermateriaal vir vroeë kinderontwikkelilng te versprei.
Die inisiatief, wat al 14 streke in die land bereik, is moontlik gemaak deur ’n langdurige vennootskap met die Capricorn Foundation wat vir die volgende vier jaar voortgesit word.
Sharnay Botha, verteenwoordiger van ACDT, het tydens die oorhandiging haar dankbaarheid vir die ondersteuning uitgespreek.
“Ons is hier by die Ruth Albrecht Rainbow-skool om ons voortgesette vennootskap met die Capricorn Foundation te vier,” het sy gesê.
“Ons is so dankbaar teenoor hulle.”
Sedert die samewerking begin het, het die trust meer as 14 miljoen boeke oraloor Namibië versprei, met die oog op graad 1- tot graad 3-leerlinge om kritieke vroeë leervaardighede te bou.
Die Capricorn Foundation, wat die ACDT-projek ondersteun het, het hul verbintenis tot onderwys en die opheffing van kwesbare gemeenskappe herbevestig.
“Die African Child Development Trust is een van die eerste projekte waarmee die Capricorn Foundation sedert 2015 ’n vennootskap gevorm het,” het Veripura Muukua, hoof van die Capricorn Foundation, gesê.
“Die projek val onder ons onderwysfokus. Ons is baie trots op hierdie vennootskap en dit is die soort impak wat ons gesamentlik in die gemeenskappe kan maak.”
Sy het bygevoeg dat die vennootskap nie net ’n belegging vir die hede is nie, maar ook vir die toekoms van Namibië se kinders.
Die Capricorn Foundation het ’n borgskap van N$600 000 toegeken om die projek te ondersteun, wat die voortgesette verspreiding van die boekies verseker wat duisende kinders sal help om ’n sterker opvoedkundige grondslag te kry.
Onderwysers by die Ruth Albrecht Rainbow-skool het die oorhandiging verwelkom en aangedui dat die boekies hulpbrontekorte in die klaskamers verlig en kinders sal aanmoedig om op ’n vroeë ouderdom ’n liefde vir lees te ontwikkel.
– [email protected] op die skakel: https://q.my.na/FNW3

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie