5 200 korrektiewe beamptes gesoek
Bedank vir poste wat minder betaal
Tans het Namibië se korrektiewe diens ongeveer 3 200 beamptes in diens, heelwat minder as die 8 400 wat benodig word.
Hoofredaksie
Die verlies van 12 korrektiewe diensbeamptes in ’n ongeluk naby Mariental verlede week het die personeeluitdagings vererger waarmee die Namibiese Korrektiewe Diens (NCS) se kommissaris-generaal Raphael Hamunyela te kampe het en wat reeds sukkel om ongeveer 5 200 vakante poste te vul.
Tans het Namibië se korrektiewe diens ongeveer 3 200 beamptes in diens, heelwat minder as die volle kapasiteit van 8 400. Dit beteken 61,9% van poste is nie gevul nie.
Benewens die gevangenisbeamptes, het twee polisiebeamptes en twee burgerlikes ook in die tragiese ongeluk gesterf.
Hamunyela het in ’n onderhoud met Network Media Hub (NMH) gesê twee van die oorledenes, Adreheld Taapopi en Tomas Shikongo, was in beheer van veeteelt op die tronkplaas, wat varkvleis vir gevangenes geproduseer het.
“Dit was gespesialiseerde mense met verantwoordelikhede,” het Hamunyela gesê. Daar is ook nuwe ontwikkelings, insluitend die uitbreiding van landboubedrywighede in die Zambezistreek, wat aangepak moet word.
Hy het bevestig dat die korrektiewe diens tans ongeveer 3 200 werknemers in diens het, wat slegs sowat 38,1% van die 8 400 benodigde werknemers is.
Onder druk
Volgens Hamunyela is elke beampte veronderstel om toesig te hou oor 20 gevangenes, maar die huidige personeeltekort veroorsaak dat elke beampte verantwoordelik vir sowat 60 gevangenes is. Hy het gesê die beamptes vind die werk uitdagend.
“Die korrektiewe diens is een van die moeilikste departemente om voor te werk,” het Hamunyela erken.
“Ons werf elke keer, maar die mense gaan, selfs om te gaan werk waar hulle minder betaal word,” het hy gesê.
Hy het verwys na die korrektiewe geriewe op Divundu in Kavango-Oos wat ernstige personeeluitdagings ervaar.
Uit 703 goedgekeurde poste is slegs 183 tans gevul – ongeveer 26% – wat 520 poste vakant laat.
Gaping
Die kommissaris sê hoewel die gevangenisdiens uitbrei met die opening van die Katima Mulilo-korrektiewe geriewe, asook planne vir die Kaoko-Otavi-geriewe, geen nuwe instrukteurs gewerf is nie.
Die twee geriewe sal wanneer dit uiteindelik open, fokus op rehabilitasie, landbou en gemeenskapsontwikkeling op ’n groot terrein van 384 hektaar.
Hamunyela het ook gesê aantal gevangenes staan tans op ongeveer 4 600, terwyl die bedkapasiteit 5 400 is.
Alhoewel hy erken het dat die korrektiewe diens meer voertuie benodig, kon hy nie spesifiseer hoeveel in gebruik is of benodig word nie.
Ten spyte van hierdie uitdagings, het Hamunyela gesê hy glo dit is Godgegewe en dat ’n mens nie van probleme moet wegskram nie.
Vervalle infrastruktuur
Die minister van ninnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, Lucia Iipumbu, het vroeër erken die land sukkel met ou en onveilige gevangenisse.
“Ons worstel met ou en vervalle geriewe wat dit onveilig en onmenslik maak om gevangenes in te huisves,” het Iipumbu erken.
Sy het gesê die wet op korrektiewe dienste verskaf die wetlike raamwerk vir die verbetering van infrastruktuur by gevangenisse.
“Om hierdie verskuiwing te ondersteun, het ons infrastruktuurprojekte by die Windhoek-, Hardap- en Evaristus Shikongo-korrektiewe sentrums aangepak,” het Iipumbu gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie