Vliegongeluk: Verslag bekend

Linkerenjin het onklaar geraak
'n Voorlopige verslag sê 'n lugverkeerkontroleerder het gesien hoe die vliegtuig na links kantel kort nadat dit opgestyg het.
Kristien Kruger
“Die ongeluk is nie as oorleefbaar beskou nie, want die impakkragte was meer as wat die menslike liggaam kan hanteer en die vliegtuig is ná die ongeluk deur vlamme verteer.”

Dit is volgens die voorlopige ongelukverslag oor die vliegtuigongeluk wat die lewens van drie mense vroeër vandeesmaand in die hoofstad geëis het.

Die voorlopige ondersoek toon dat die linkerenjin van die vliegtuig, 'n Cessna 406, onklaar geraak het en moontlik tot die ramp gelei het.

Die voorlopige verslag is gister deur die ministerie van werke en vervoer uitgereik, presies 20 dae ná die noodlottige ongeluk waarin Rozanne Olivier, Armand Lubbe en Ruan van Schalkwyk dood is.

OOGGETUIE EN CCTV

Die doel van die vlug was ’n toetsvlug vir die vliegtuig nadat sy regterenjin vervang is. Die vliegtuig was geskeduleer vir ’n vragvlug na Johannesburg die volgende dag.

Die toetsvlug is deur die lugverkeerkontroleerder (ATC) goedgekeur en sou in die omgewing van die Goreangab-dam plaasvind. Die vliegtuig het omstreeks 15:00 vanaf die Eros-lughawe opgestyg.

“Die ATC het die vliegtuig fyn dopgehou en opgemerk voor die vliegtuig die einde van die aanloopbaan bereik het, dit skerp na links gekantel het, en toe verder na links gerol het. Hy het gou besef dat die vliegtuig buite beheer was en gaan neerstort.

Luidens die verslag was die vliegtuig toegerus met standaard kommunikasietoerusting en was die vliegtuig in kommunikasie met die ATC by die Eros-lughawe.

Hy het die alarm gedruk om die lughawe se reddings- en brandbestrydingsdienste (ARFFS) te waarsku,” lui die verslag.

Die ARFFS het glo dadelik gereageer en gesê hulle kon die rook sien, waarna hulle na die toneel gehaas het.

“Nadat die vliegtuig opgestyg het, kon ’n rookwolk op kringtelevisiebeeldmateriaal (CCTV) waargeneem word, wat ooreenstem met die linkerenjin wat onklaar geraak het.

“Toe die rook om die linkerenjin verskyn het, het die vliegtuig skerp na links gekantel en neergestort.”

Die verslag toon verder dat ooggetuies wat naby die toneel was toe die vliegtuig geval het, sê hulle kon hoor hoe die enjin “stuttering- en back firing-geluide” gemaak het.

Ooggetuies en lede van die buurtwag wat die ongeluk sien gebeur het, het volgens die verslag na die ongelukstoneel gehaas waar hulle ’n geweldige vuur ​​teëgekom het.

EERSTE IMPAK

“Die linkervlerk van die vliegtuig het 90 grade afwaarts gewys, met die vliegtuig se neus na onder, voordat dit in die erwe van ’n woonbuurt [Pionierspark] neergestort het,” lui die verslag wat verder daarop dui dat die vliegtuig se neusgedeelte eerste die bome in een van die erwe getref het.

Die impak het glo veroorsaak dat die vliegtuig sywaarts omgeslaan en deur twee huise se heinings en ’n muur geploeg het. Die vliegtuig het in die hoek van ’n tweede erf tot stilstand gekom. Dele van die vliegtuig het bo-op een van die heinings beland en lemme van die linkerskroef is sowat 200 meter verder in ’n ander erf gevind.

“Die impak het ook veroorsaak dat brandstof van die linkerkant van die vliegtuig in die straat gespuit het.

“Toe die vliegtuig deur die eerste heining gebreek het, het dit in vlamme uitgebars.”

VLIEGERVARING

Die verslag vervat meer inligting oor Olivier se vliegervaring aangesien sy agter die stuur van die vliegtuig was.

Sowel haar en haar medevlieënier, Van Schalkwyk, se vlieglisensies was geldig en Olivier het 4 450 se vliegure in haar loopbaan aangeteken, waarvan meer as die helfte daarvan op dié tipe vliegtuig (Cessna) soos die Cessna ws.

FINALE VERSLAG KOM NOG

“Die doel van die voorlopige verslag is om die lugvaartbedryf en die publiek in te lig oor die algemene omstandighede van die ongeluk. Die ondersoek duur steeds voort.”

Die enjins sal na verwagting verder uitmekaar gehaal word en die bevindings sal in die finale verslag uiteengesit word.

Die ondersoek word deur twee lede van die vliegtuigongelukondersoeke in die ministerie van werke en vervoer uitgevoer, Ben Engelbrecht (hoofondersoeker) en Hafeni Mweshixwa (medeondersoeker).

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-06-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 10° | 29° Rundu: 10° | 29° Eenhana: 9° | 30° Oshakati: 10° | 27° Ruacana: 11° | 28° Tsumeb: 12° | 26° Otjiwarongo: 7° | 25° Omaruru: 10° | 27° Windhoek: 7° | 22° Gobabis: 7° | 25° Henties Bay: 12° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:13, High tide: 12:38, Low Tide: 18:13, High tide: 00:42 Swakopmund: 14° | 17° Wind speed: 22km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:11, High tide: 12:36, Low Tide: 18:11, High tide: 00:40 Walvis Bay: 13° | 20° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:11, High tide: 12:35, Low Tide: 18:11, High tide: 00:39 Rehoboth: 7° | 24° Mariental: 9° | 25° Keetmanshoop: 8° | 21° Aranos: 6° | 25° Lüderitz: 12° | 21° Ariamsvlei: 7° | 20° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 20° | 23° Gaborone: 10° | 24° Lubumbashi: 9° | 28° Mbabane: 10° | 26° Maseru: 6° | 17° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 12° | 26° Maputo: 15° | 29° Windhoek: 7° | 22° Cape Town: 13° | 17° Durban: 15° | 28° Johannesburg: 11° | 20° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 12° | 27° Harare: 10° | 22° Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.5 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.21 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.38 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 852.48 | USD to BWP 13.62 | USD to EGP 47.66 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1481.64 | USD to ZAR 18.22 | USD to ZMW 25.8 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.67 Up +2.20% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13162.23 Down -0.2% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26417.6 Up +1.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 320.34/OZ DOWN -0.0037 | Copper US$ 4.41/lb DOWN -0.0159 | Zinc US$ 2 809.40/T UP 0.28% | Brent Crude Oil US$ 82.73/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 948.17/OZ DOWN -0.0082 Sport results: Weather: Katima Mulilo: 10° | 29° Rundu: 10° | 29° Eenhana: 9° | 30° Oshakati: 10° | 27° Ruacana: 11° | 28° Tsumeb: 12° | 26° Otjiwarongo: 7° | 25° Omaruru: 10° | 27° Windhoek: 7° | 22° Gobabis: 7° | 25° Henties Bay: 12° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:13, High tide: 12:38, Low Tide: 18:13, High tide: 00:42 Swakopmund: 14° | 17° Wind speed: 22km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:11, High tide: 12:36, Low Tide: 18:11, High tide: 00:40 Walvis Bay: 13° | 20° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:11, High tide: 12:35, Low Tide: 18:11, High tide: 00:39 Rehoboth: 7° | 24° Mariental: 9° | 25° Keetmanshoop: 8° | 21° Aranos: 6° | 25° Lüderitz: 12° | 21° Ariamsvlei: 7° | 20° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 20° | 23° Gaborone: 10° | 24° Lubumbashi: 9° | 28° Mbabane: 10° | 26° Maseru: 6° | 17° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 12° | 26° Maputo: 15° | 29° Windhoek: 7° | 22° Cape Town: 13° | 17° Durban: 15° | 28° Johannesburg: 11° | 20° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 12° | 27° Harare: 10° | 22° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.5 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.21 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.38 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 852.48 | USD to BWP 13.62 | USD to EGP 47.66 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1481.64 | USD to ZAR 18.22 | USD to ZMW 25.8 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.67 Up +2.20% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13162.23 Down -0.2% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26417.6 Up +1.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 320.34/OZ DOWN -0.0037 | Copper US$ 4.41/lb DOWN -0.0159 | Zinc US$ 2 809.40/T UP 0.28% | Brent Crude Oil US$ 82.73/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 948.17/OZ DOWN -0.0082