Vlieënier maar pas ‘uitgeteken’

Nadoodse ondersoeke tans gedoen
Die man wat saam met sy gesin in die vliegongeluk dood is, was vennoot by 'n internasionale energiemaatskappy en het graag saam met sy geliefdes gereis het.
Ronelle Rademeyer
Die jong vlieënier wat eergister saam met ’n gesin van Duitsland dood is toe die Cessna 210 van Scenic Air oomblikke ná opstyging by Impalila-eiland in die Zambezirivier neergestort het, is agt dae vantevore “uitgeteken” om met passasiers te kan vlieg.

Me. Nicole Mienie (21), wat van Suid-Afrika kom, het in Julie begin met die geldigheidsbepaling (“validation”) van haar vlieglisensie in Namibië en die gepaardgaande opleiding wat vereis word.

Volgens haar Facebook-profiel het sy in Mei Windhoek toe verhuis.

“Sy is op 22 Augustus uitgeteken om met passasiers te vlieg,” het die ongelukondersoeker in die direktoraat vliegtuigongelukondersoeke, mnr. Oskar Plichta, gister aan Republikein gesê.

Die gesin wat saam met haar gesterf het toe die vliegtuig om 12:22 neus eerste die water getref en uitmekaar gebreek het, was die 59-jarige mnr. Thomas Rings, sy vrou dr. Cornelia Evelyn Maria Wiesmeier-Rings (57) en hul twee dogters, Alicia Maria Rings (19) en Paulina Lucia Rings (17).

Rings, ’n meganiese ingenieur, was ’n senior vennoot by die internasionale energiemaatskappy Kearney.

Plichta sê die oorledenes is na die lykshuis op Katima Mulilo geneem waar die nadoodse ondersoeke gedoen sal word. “Ek is in gesprek met komm. Nelius Becker (hoof van die Nasionale Forensiese Wetenskapsinstituut van Namibië) en wag vir daardie verslae.”

“Ons sal dan eers weet of hulle verdrink het of weens die impak dood is.” Hy sê te oordeel aan die toestand van die wrak het die vliegtuig die water teen hoë energie getref.

Volgens ’n kort biografie van Rings op Kearney se webblad, het hy die lewe “in die hier en nou geniet”. In sy vrye tyd het hy graag saam met sy gesin gereis, en was lief vir duik, ski, goeie kos en klassieke musiek.

Plichta sê die Rings was van Impalila-eiland af op pad terug Windhoek toe nadat hulle by die luukse Chobe Water Villas op dié klein eiland tussen die Zambezi- en Choberivier vakansie gehou het. “Hulle sou Dinsdagaand by Am Weinberg in Windhoek geslaap en dan teruggevlieg het Duitsland toe.”

Hy sê die familie se oorskot sal gerepatrieer word sodra die nadoodse ondersoeke afgehandel is.

Dié ongeluk Dinsdag het mense in die lugvaartbedryf onwillekeurig herinner aan die vliegongeluk op 11 Januarie 2008 toe ’n Cessna 210 kort nadat dit by die Eros-lughawe opgestyg het, in Olympia neergestort het.

Die vlieënier, mnr. Daniel Marais (24, ook ’n Suid-Afrikaner), was met vyf Israeliese passasiers na Mokuti Lodge by Etosha op pad.

Die families van die vyf Israeliese mans wat gesterf het, het ’n eis van sowat N$1 miljard teen die Namibiese regering ingestel.

Plichta sê die saak is binnekort in die hoërhof in Windhoek op die rol. [email protected]

Kommentaar

alwyn biermann 1 Jaar Gelede01 September 2022

Alles wel maar die stelling " Vlieënier maar pas ‘uitgeteken’ is nie van pas - vir 'n leek gaan dit voorkom dat sy nie die "job" kon doen nie - tyd sal leer "seg" hulle

Rapporteer
David Louw 1 Jaar Gelede01 September 2022

Dit is wat gebeur as jy kinders laat vlieg met minimum ervaring!!!

Rapporteer

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.7 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.35 | USD to KES 132.48 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.04 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 381.88/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.39/lb UP +1.65% | Zinc US$ 2 825.90/T UP 0.18% | Brent Crude Oil US$ 87.06/BBP DOWN -0.0074 | Platinum US$ 936.89/OZ DOWN -0.0033 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.7 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.35 | USD to KES 132.48 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.04 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 381.88/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.39/lb UP +1.65% | Zinc US$ 2 825.90/T UP 0.18% | Brent Crude Oil US$ 87.06/BBP DOWN -0.0074 | Platinum US$ 936.89/OZ DOWN -0.0033