Vlamme vernietig Oasis Supermark
Oorsaak is nog onbekend
'n Brand het gisteroggend 'n bekende winkel in Narraville in Walvisbaai in puin gelê.
Oasis Supermark, wat in die gemeenskap van Narraville in Walvisbaai as “Uncle Colin’s shop” bekendstaan, is vroeg gisteroggend heeltemal in ’n brand verwoes.
Volgens inligting wat op die toneel ingesamel is, is die brandweerdienste omstreeks 00:56 ontbied.
Die winkel is heeltemal in puin gelê en die woonstelle aan die agterkant van die gebou is effens beskadig. Die voorste stoorkamer sowel as die poskantoor het geen skade gely nie.
Volgens onbevestigde berigte het ’n elektriese kortsluiting die brand begin, maar die oorsaak word nog ondersoek.
Bekommerde Narraville-inwoners het die woonstel-inwoners, wat ook werknemers van die winkel is, gewaarsku toe die brand uitgebreek het.
“Ons het almal geslaap toe ons hoor hoe mense ons name skree en vir ons sê daar is ’n brand. Sommige het selfs klippe na ons vensters gegooi net om ons aandag te trek. Gelukkig het ons almal daarin geslaag om sonder beserings te ontsnap,” het hulle gesê.
“Ons kon dood gewees het. Ons dak het ineengestort op die bed waar ons geslaap het. Ons vyfjarige dogtertjie het saam met ons in die bed geslaap toe ons die rumoer hoor. Ek het opgespring en begin skree toe ek sien die vlamme is amper by ons bed. Ek het my dogter gegryp en ondertoe gehardloop om my ander dogter te waarsku. Dit kon so veel erger gewees het. Ek is net dankbaar ons lewe,” het een van die inwoners gesê. Hulle woonstel is aan die agterkant van die winkel geleë.
Hul werkgewer het die inwoners van die woonstelle ná die brand by ’n plaaslike gastehuis ingeboek.
Mnr. Colin van Niekerk, die eienaar van die winkel was op die toneel toe die brand gewoed het. Hy het later teruggekeer om in die daglig die skade te aanskou. Sy seuns, Keith en Clive, het hom vergesel.
“Ek het gisteraand genoeg gehuil. Ek is hartseer oor die winkel, maar wat kan ons doen? Dit help nie om daaroor te huil nie,” het hy gesê.
Van Niekerk het gesê hulle sal dalk herbou, maar op ’n kleiner skaal.
“Dit sal eers wees nadat die ondersoek en alle versekeringsverwante sake afgehandel is.”
Daar word bespiegel dat die winkel vanuit die voorste area – wat nie deur die brand geraak is nie – verder bedryf kan word.
Plaaslike inwoners het na die winkel gestroom om die skade te bepaal en hul medelye met die Van Niekerk-gesin te betuig.
Die Oasis Supermark bestaan al die afgelope 52 jaar.
“Ek het begin bou toe ek 29 was. Ek is nou 81.”
Die winkel was aanvanklik ’n bioskoop, daarna ’n rolskaatsbaan en uiteindelik ’n winkel en bakkery. Die bakkery is die afgelope paar maande nie meer operasioneel nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie