die polisie
die polisie

Ses voetgangers die langnaweek doodgery

Motorongelukke het die afgelope langnaweek agt lewens geëis waarvan ses voetgangers was. Die jongste slagoffer was 'n eenjarige seuntjie.
Ses voetgangers is die afgelope langnaweek op die Namibiese paaie doodgery waarvan die jongste slagoffer slegs een jaar oud was. Die eenjarige kleuter is Sondag omstreeks 12:30 in Onyekastraat, Okuryangava dood nadat sy omgery is.

Saterdag is drie voetgangers se lewens geëis. Volgens die polisie se misdaadverslag is ’n 46-jarige man op slag dood toe ’n voertuig hom omstreeks 02:47 by Okaku op die Kanangula-Omungwelumepad getref het.

’n 26-jarige Angolese burger is ook na bewering Saterdag omstreeks 06:10 op die Oshikuku-Okalongo-hoofpad by die Onandjaba informele nedersetting doodgery en ’n 32-jarige man is omstreeks 21:58 by Katutura Sentrale Winkels in Onafhanklikheidslaan ná ’n beweerde tref-en-trap-voorval op die toneel dood.

Nog 'n voetganger is Vrydag omstreeks 22:30 op die B1-hoofweg raakgery, nadat hy glo die pad probeer oorsteek het en op dieselfde dag, omstreeks 21:57, is ’n 46-jarige man op die Onhuno-Okatana-pad by Endola-informele nedersetting deur 'n motor getref.

Kommentaar

Republikein 2025-07-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer