Foto argief
Foto argief

Ses sterf in motorongeluk

Iréne-Mari van der Walt
Ses mense, waarvan drie Suid-Afrikaners was, is Saterdagaand oorlede in 'n motorongeluk op die B1-hoofweg tussen Rehoboth en Windhoek.

Volgens die polisie se voorlopige verslag het 'n sedanvoertuig met twee passasiers en die bestuurder 'n vragmotor probeer verbysteek en het toe trompop met 'n Polo-voertuig gebots waarin daar vyf mense was.

Die Polo-motor het glo aan die brand geslaan toe 'n bakkie die motor van agter getref het. Drie mense, waarvan die bestuurder een was, het in hierdie brand beswyk, terwyl twee ander ernstige beserings opgedoen het.

Drie Suid-Afrikaners is in die ander voertuig oorlede.

Dié wat in die Polo oorlede is, is uitgeken as Neville van Wyk, Dino van Wyk en Grant Bock - hulle is almal Namibiërs.

Die Suid-Afrikaners wat in die sedan oorlede is is uitgeken as Carol Sophia Jooste, Shahida Emerald Jooste en Matthew Kotze.

Kommentaar

Republikein 2025-09-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer