NUUSBREKER
NUUSBREKER

Pas IN: Man sterf in ontploffing

Tanja Bause
'n Man (37) is vanoggend oorlede nadat ‘n lugsilinder by sy werkplek ontplof het. Hy het by D. Dresselhaus vragmotor- en sleepwa-herstelwerkswinkel op plaas Hoffnung, 8 km na die Kapps Farm-polisiestasie gewerk.

Daar word beweer dat die oorledene om 08:25 besig was om te werk toe hy die kompressor en die lugsilinder wat ontplof het, aangeskakel het. Nooddienste was om 09:01 op die toneel. Niemand anders is beseer nie.

Kommentaar

Republikein 2023-02-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer